18-jariges het glo Greytown-boer vermoor

Argieffoto

Argieffoto

Twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die moord op Sarel David Theron (49) wat op sy plaas in Seven Oaks in Greytown, KwaZulu-Natal vermoor is.

“Theron se liggaam is Dinsdag omstreeks 09:00 by sy huis gevind nadat hy nie Maandag by die werk opgedaag het nie,” het lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, gesê. “Een van die plaasbestuurders het op sy liggaam afgekom en die polisie is ontbied.”

Theron het steekwonde gehad en hy is vermoedelik ook gewurg.

Hy is Sondag laas by sy huis gesien.

“ʼn Skootrekenaar, selfoon en ander goedere is uit die huis gesteel,” het Zwane bygevoeg. “Die Greytown-polisie het ondersoek ingestel en twee verdagtes, albei 18 jaar oud, is in hegtenis geneem. Hulle sal Maandag in die Greytown-landdroshof verskyn op aanklag van moord en huisbraak.”

Bhekinkosi Langa, provinsiale polisiekommissaris, het die beamptes vir hul harde werk geloof om die verdagtes aan te keer. “Die verdagtes se profiele sal nagegaan word om te ondersoek of hulle dalk met ander huisbrake in Greytown en omliggende gebiede verbind kan word.” Langa het gesê hy doen ʼn beroep op die gemeenskap om nie gesteelde goedere te koop nie, en gewaarsku diegene wat met gesteelde goedere betrap word, sal vervolg word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Rapes ·

En almal is doodstil niks word gesê nie, maar as dit twee blankes was wat die moord gepleeg het was dit wêreldnuus.

Leon Barendse ·

Sarel was n bosbouer en hy het sy opleiding destyds by Saasveld bosboukollege deurloop.

Lance ·

Ek voorspel dat die ou OOK uit aanhouding gaan ontsnap …kyk nou mooi

Grassie ·

Baie geluk aan die polisiemanne wat betrokke was by die ondersoek. Jul goeie werk word waardeer.

Rynhardt ·

Doodstraf bestaan vir jare nie meer in SA nie.Moordenaars en verkragters het regte in De Klerk en Anc se nuwe SA! Welkom in die Wilde Weste waar jou lewe niks meer werd is nie!

marianne ·

Seven Oaks is ‘n bittere Klein amper dorpie, die saagmeul is eintlik die dorp se bestaan.
…. (dis ‘n close knitted community)
Dis verskriklik hartseer dat Sarel uit die gemeenskap geruk is! Sy dood is nutteloos!
Bring die doodstraf terug – die tronke in ‘n klug!

Marius ·

Ek het hier ‘n vriend verloor, dit is baie sleg. Sarel was die goedheid vanself en ons sal hom baie mis. RIV Sarel en sterkte en liefde aan jou ouers.

Peet J ·

Maroela media ons kan maar net sê baie dankie vir julle beriggewing met betrekking tot die moorde op ons blanke bevolking asook my innige simpatie met die familie.
Dit is baie jammer dat ander media sowel as sekere instansies hulle versaak om prioriteit aan sulke barbaarse optredes te skenk. Soortgelyke voorvalle in ander lande kan nie genoeg beklemtoon word deur hulle televisie uitsendings nie en ek verwys nou na CNN en BBC
Hoe gouer ons wittes ons eie grondgebied kry hoe beter so nie sal hier niks van ons oor bly nie.

Wern ·

Peet, ja selfbeskikking is die enigste oplossing. SA het hul kans gehad en dit werk nie, dit raak net erger. Ons gaan na onsself moet kyk as ons nie uitgemoor wil word nie. Dit is die enigste opsie. Ek begin eerder van voor in n eie land as om verder in die dodelike sirkus te sit.

Pastoor ·

Ps 91 sê koning Dawid. Hy is ons sterk toring en beskerming. Tyd het gekom om te bid en terug te keer na die Woord. Hy onse beskermer

Moordpoging oorleef ·

En om onsself te beskerm. Oog vir n oog soos die Bybel se.

Oom Kalahari ·

Nog ‘n Godsvresende opregte en eerlike boer wat sy gemeenskap gedien het se lewe is kortgeknip. So ook is Pierre de Necker 23 van Belfast se lewe kort geknip Saterdag deur wat r 12 Skurke (Thugs) Vrydag aan hom gedoen het. So bly dit aangaan en geen politieke partye staan op teenoor die chaos oor moored wat tans net eskaleer. Dit raak kommerwekkend en al hierdie gebeure op blankes so voor die verkiesings. Wat gaan werklik aan in SA?

Pastoor ·

Ag oom Kalayari ek is hartseer as ek terugdink in die 60 tot laat 70. Sorgvrye dae. My sussies toe so 15 tot 18 jaar oud. Kon 2 blokke ver loop opm gou die griek voo hyr 8 uur te kon oop vang. Vir n brood melk vir vlg dag se skool. Ek loop saam toe so 5 jr oud. Deure voor en agter het oop gestaan. Net sif deure gehad vir muskiete. Kamerventers het oop gestaan sonder diefwering tot laat aand. Ag Vader help ons

Rapes ·

Boere ek dink genoeg is genoeg. Ons moet ons voet neersit en ‘n einde maak aan al hierdie onnodige moorde. Ons ouer manne het die nodige opleiding om ‘n groot verskil te maak. Boervolk maak oop jul oë.

snoefie ·

18 jariges word nou beklemtoon. laat INS nou in at neem, in NSA is 18 die nuwe mondig. volwasse verhoor en volwasse straf geld her.

Vaderlandloos ·

R.i.v. Sarel. Baie simpatie aan die familie en vriende. Die leuse ” a injury to one is a injury to all” moet gedy. Blankes kan nie meer toelaat dat dit so aangaan nie. Ons sagte teikens want sien gewoonlik nie die sleg in ander nie , maar glo dat almal soos ons , goeie bedoelings het. Hierdie juiste tipe kriminele handelinge is waarom daar skeiding moes wees tussen mense. Nie soseer oor kleur nie maar oor die tipe dinge. Dit is ongelukkig in n rasse ding verander nou word alle euwel regverdig deur die mantel van “apartheid”. Alle voorspoed en genade van die Aller Hoogste die familie toegebid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.