18 mense beseer op KZN-paaie

Argieffoto: Netcare 911

Argieffoto: Netcare 911

Agttien mense is Saterdag beseer in afsonderlike motorongelukke op KwaZulu-Natalse paaie.

Robert McKenzie, woordvoerder van die KwaZulu-Natal nooddienste, het gesê 12 mense is beseer toe ʼn minibus-taxi op die R74 tussen Greytown en Pietermaritzburg omgeslaan het. Volgens McKenzie het die voertuig ongeveer vier meter by ʼn keerwal afgerol. “Vyf van die 12 passasiers het ernstige beserings opgedoen,” het hy gesê.

In nog ʼn insident, naby Port Shepstone, is vyf mans ernstig beseer toe hul motor teen ʼn versperringsmuur by die Oribi-tolhek gebots het.

ʼn Tiener is ook met ernstige beserings na ʼn hospitaal gehaas toe hy met sy motorfiets teen ʼn voetganger in St. Michaels aan die Suidkus gebots het. Die voetganger is nie beseer nie, het McKenzie gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Issabelle ·

Goeie genade ….. dit is skokkend om so te sterf in al die pad ongelukke ….. sekerlik is spoed weer die oorsaak van hierdie ongelukke ! Maar nie net spoed nie , OOK mense sonder wettige bestuurders lisensies & ” over take ” ….. Hierdie tipe van mense wat spoed vrate is & sonder lisensies ry , MOET BEHOORLIK aan gevat word … nie EERS BORTGORG moet oorweeg word nie !!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.