18 ontslaan ná erge turbulensie op SAL-vlug

Die vlugroete van SA286. Foto: Flightaware.com

Die vlugroete van SA286. Foto: Flightaware.com

Agtien van die 20 mense wat Woensdagoggend beseer is nadat ʼn vlug van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) erge turbulensie tussen Johannesburg en Hongkong ervaar het, is reeds uit die hospitaal ontlaan.

“Twee passasiers wat ernstige beserings tydens die voorval opgedoen het, bly nog in die hospitaal vir waarneming,” het Tlali Tlali, ʼn woordvoerder van die SAL, in ʼn verklaring gesê.

Daar is aanvanklik berig dat 28 mense, waaronder 25 passasiers en drie bemanningslede, beseer is toe Vlug SA286 in Kuala Lumpur (Maleisië) se lugruim die turbulensie ervaar het. Die vlug het omstreeks 06:30 (Suid-Afrikaanse tyd) veilig in Hongkong geland. Daar was 165 passasiers aan boord. Altesaam 20 beseerdes is na die Prince Margaret- en North Lantau-hospitaal in Hongkong geneem vir mediese behandeling.

Panele binne die vliegtuig is ook tydens die voorval beskadig.

Die lugredery het aan SAfm gesê hulle sal die beseerde passasiers en bemanningslede bystaan.

Vlug SA287 van Hongkong na Johannesburg is Woensdag weens die voorval vertraag.

Klik hier om ʼn interessante artikel oor turbulensie te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peter Says ·

Deels die beseerdes se eie skuld…Jou veiligheids gordel MOET ALTYD aan wees.

Canned Phantom ·

Die gordel gaan nie veel help as goed op jou val nie…
“Panele binne die vliegtuig is ook tydens die voorval beskadig.” waarskynlik toe die handbagasie uitgeval het met die turbulensie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.