18-plussers kan van Vrydag inent teen Covid

Diegene ouer as 18 kan van Vrydag af ingeënt word. (Foto: Michele Spatari/AFP)

Diegene ouer as 18 jaar kan van Vrydag af saam met die res van die land se volwassenes in die tou vir die entstof teen Covid-19 gaan val as deel van die regering se plan om die inentingsproses te versnel.

Meer as 9,9 miljoen mense is reeds teen Covid-19 ingeënt. Net minder as ses miljoen mense is gedeeltelik ingeënt (hulle het al een dosis van die entstof ontvang) en meer as vier miljoen is al ten volle ingeënt.

“Wetenskaplike bewyse bevestig dat mense wat ingeënt is teen Covid-19, ʼn beter kans staan om Covid-19 te oorleef as diegene wat nie ingeënt is nie,” lui die kabinetsverklaring.

“Daarom moet ons almal die ongegronde en misleidende samesweringsteorieë oor die entstowwe aan die kaak stel en lewe kies deur ingeënt te word.”

Die kabinet het ook ingestem dat die land op aangepaste vlak 3 van die nasionale staat van inperking bly, soos aanbeveel deur die ministeriële advieskomitee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.