18 skoolkinders in ongeluk beseer

Foto: ER24

Foto: ER24

Agtien skoolkinders is Woensdag beseer nadat die minibustaxi wat hulle na hul skool in Bloemfontein vervoer het, omgeslaan het.

Volgens Russel Meiring, ʼn woordvoerder van ER24, is die kinders almal tussen die ouderdom van ses en nege jaar oud. “Paramedici het die taxi op sy dak langs die pad aangetref. Die kinders het buite die taxi gestaan en het gelukkig slegs geringe beserings opgedoen,” het Meiring gesê.

Die kinders is op die toneel behandel en is na verskeie hospitale in die gebied geneem vir verdere behandeling en waarneming.

Dit is nog nie bekend wat die ongeluk veroorsaak het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sumo ·

Wat wou, waar ‘n taxi betrokke is, is dit gewoonlik die probleem.

AmY ·

Hy moes seker nogal vinnig gery het om op sy dak te moes land? Dank Vader die kinders is nie ernstig beseer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.