18 ‘stropers’ vas in wildtuin

Foto: SANParke

Foto: SANParke

Agttien vermeende stropers is in die afgelope sewe dae gedurende teenstropingsoptrede in die Kruger-wildtuin vasgetrek.

SANParke het die inhegtenisnemings op sy amptelike Facebook-blad bevestig en gesê daar is ook op tien vuurwapens beslag gelê.

Volgens ʼn verklaring van SANParke is nog sewe vermeende stropers vroeër vandeesmaand buite die wildtuin in hegtenis geneem tydens ʼn gesamentlike operasie tussen SANParke en die polisie. Tydens hierdie operasie is daar op twee vuurwapens beslag gelê. In Oktober is nog 14 vermeende stropers tydens teenstropingsoptrede in hegtenis geneem.

Die inhegtenisnemings is op verskillende plekke binne die wildtuin, sowel as reg buite die grense van die wildtuin gedoen. SANParke se veldwagters en honde-eenhede, die weermag en die polisie het gehelp om die vermeende stropers vas te trek.

Glenn Phillips, bestuurshoof van die wildtuin, het gesê saam met die volmaan vermeerder die aantal indringers, verdagte spore en ander stropingsverwante aktiwiteite in die wildtuin. “Dit hou ons teenstropingspanne baie besig. Stropers, wees gewaarsku. Julle kan nie vir ewig wegkom met wildsmisdaad nie. Die strop is stadigaan besig om al nouer te trek,” het Phillips gesê.

Hy het almal betrokke by die inhegtenisnemings gelukgewens en beklemtoon dat SANParke alles in sy vermoë doen om stropery stop te sit. “Ons doen weereens ʼn beroep op die publiek om enige wildsmisdaad by 013 735 0197 of 076 801 9679 aan te meld,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

sdl ·

Wat n wonderlike dag. 13 plaas aanvallers gevang nou 18 stroopers. Dan kry ons nog reën ook. Loof en prys ons Hemelse Vader????????

gert ·

Ek stem saam met jou. O blye dag!! Jammer die leeus het hulle nie opgevreet nie.

Hendrik ·

SANParke en SAPD. Baie geluk en jul fantastiese werk. word waardeer

Ton&Herma from the Netherlands ·

SanPark baie goed en jul fantastiese werk word waardeer save the animals

Cherokee ·

Ton & Herma, welkom bij de groep. Alsjeblieft doen meerdere commentaren.

Buitestander ·

Vir elke stroper wat gevang word staan daar ander 2 op.
Hou moed stryd kan geven word

Buitestander ·

Plaas terug die heinings internasionele parke werk nie!

Uiltjie ·

Lyk my die stropers broei daar in die Kruger Wildtuin. Soek die nes en wis die kleintjies uit!

Jan ·

Hans, dalk is dit nie ‘n slegte strategie, as hulle die stropers skiet, om bv een te laat wegkom nie, dat hy die boodskap kan gaan versprei en wys hy lyk slegter as die dag tevore. Ek stem, grensdrade moet op, en hulle moet daai Mosambieker in die Massingir omgewing gaan uithaal.

Jan ·

Ons minister se politieke kop, dink ek is ook nog ‘n struikelblok. Ook haar sentimente soos dit by die Cites konferensie na vore gekom het.

Hannes van Zyl ·

Dit is goeie nuus, dankie vir die teenstropereenheidsmanne. Wens julle kry die opdrag om op sig te skiet om dood te skiet. Waarom moet ons hulle in luukse tronke huisves?

John ·

Waar is ons grensdrade? Baie geld word aan wapens bestee. Dis ‘n lewensgevaarlike werk. Ons moet soos Trump vir beter grense tussen buurlande vra. Onwettige immigrante wat hier kom moor en steel, kom daagliks aan. Opposisie-partye se take is velerlei. Hulle konsentreer te veel op Zuma & kie se manewales en die res van die sisteem verval. Waarom kla die werkers by binnelandse sake? Hulle werk hul dood aan ID’s vir skelm immigrante en hul begeertes…

Lance ·

Baie bly hulle is gevang …wat nou ….straf die mense swaar anders was al die hard werk ook maar verniet want more is hulle maar net weer terug …kry die idee SA het net teveel mense regte wat in die guns van die skelms is

Jan ·

Maroela, die pers het al daaroor berig, daar in Massingir omgewing, in Mosambiek, sit daar ‘n man wat ‘n sindikaat bedryf, en agv dat hulle nie met Mosambiek ‘n uitleweringsooreenkoms kan bereik nie, bly dit ‘n kollosale doring in die vlees. Daardie persoon, wys hulle uit, is die meesterbrein, agter die renosterstropers. Vandaar my kommentaar wat julle verwyder het.

Vriendelike groete.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.