18 vas oor spoed en dronkbestuur

Argieffoto

Die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD) het dié naweek 18 motoriste in hegtenis geneem vir beweerde spoedoortredings en dronkbestuur.

Hoofsupt. Wilfred Kgasago, woordvoerder van die EMPD, het gesê 11 motoriste is vroeg Sondagoggend in hegtenis geneem vir beweerde bestuur onder die invloed van alkohol. Volgens Kgasago is die motoriste by drie verskillende padblokkades in Ekurhuleni in hegtenis geneem.

“Vier motoriste is in Katlehong in hegtenis geneem, twee in Tembisa, twee in Germiston en een elk in Putfontein, Brakpan en Tokoza.”

Volgens Kgasago is al die verdagtes mans tussen ouderdom van 22 en 41 jaar. Die verdagtes is by die onderskeie polisiestasies aangehou en sal binnekort in die hof verskyn op aanklag van dronkbestuur.

Intussen is sewe motoriste op die R21 in hegtenis geneem vir beweerde oortreding van die spoedgrens.

Kgasago het gesê ses mans en ʼn vrou, tussen 26 en 40 jaar oud, is in hegtenis geneem nadat hulle teen onderskeidelik 173, 172, 172, 171, 166, 165 en 163 km/h vasgetrek is. Volgens Kgasago het die motoriste onder meer aangevoer hulle het na familie, die lughawe en ʼn begrafnis gehaas.

Die motoriste is na die Olifantsfontein-polisiestasie geneem en van roekelose en/of nalatige bestuur aangekla. Hulle is vrygelaat nadat hulle borgtog van R1 000 elk betaal het. Hulle sal na verwagting binnekort in die Tembisa-landdroshof verskyn.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

lewies ·

VONNIS: “Poging tot moord”. veral vir die dronkbestuurs. Miskien sal dit die ander afskrik. Alle padbebruikers behoort dit te steun. Selfs die ouens wat vlieg waar hulle wil wees. Een of ander tyd moet jy ‘n voertuig huur om te ry waar jy wil wees.

“Onregverdig” ·

Wat is die wet rondom dronkbestuur?
Scenario: jy staan by n rooi lig, voertuig ry in jou vas van agter af. Die bestuurder wat in jou vasgery het, kan nie eend regop staan nie. Wie mag hom arresteer? Speedcop? Polisie?

En, as jy n klag van dronkbestuur wil maak, moet jy en die dronk persoon Agter in die vangwa gelaai word en albei se bloed moet getrek word?!

sus ·

LOL!!!!! ja, ek het ook al in my loopbaan ook al ‘n paar grappige verskonings gehoor … Hulle dink seker beamptes is onder ‘n kalkoen uitgebroei.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.