19 beseer, 4 kritiek toe taxi, bakkie bots

Foto: Verskaf.

Altesaam 19 mense is Saterdagoggend beseer toe ʼn taxi en ʼn bakkie op die R114 aan die buitewyke van Centurion gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê toe hul paramedici by die toneel opdaag het hulle die bakkie aan die kant van die pad aangetref terwyl die taxi in die middel van die pad tot stilstand gekom het.

“Die taxi is heeltemal oopgeskeur in die ongeluk. Die insittendes is verspreid oor die ongelukstoneel aangetref,” het Meiring gesê.

Volgens Meiring is twee mense wat in die bakkie gery het en 17 van die taxi se insittendes beseer.

“Vier mens in die taxi is kritiek beseer terwyl die ander gering tot matig beseer is,” het Meiring gesê.

Die beseerdes is op die toneel behandel. “Een van die kritiek beseerdes is per helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer.”

“Die ander 16 beseerdes is per ambulans na die hospitaal vervoer. Die twee beseerdes in die bakkie het vervoer na die hospitaal van die hand gewys.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Justice ·

Met die taxi herkapetalisering program van 2006 was die doel om van al hierdie ou struktueel onveilige “skorro skorro” Toyota taxis soos in die foto ontslae te raak – daar was destyds honderde miljoene rand daarvoor begroot. Dit was in die belang van veiligheid vir die taxi passasiers sowel as ander padgebruikers. Is daar hoegenaamd nog iemand in beheer by die Department van Vervoer en Taxi beheerligame ? Miskien moet hul bestuur wetlik verplig word om daagliks van openbare vervoer (nie meter taxis) werk toe en terug gebruik te maak.

Muffin ·

17 van die taxi se insittendes is beseer. Nou wonder ek net hieveel is nie beseer nie en hoeveel kan in die taxi wees. Oorlaai en onpadvaardig sowel as spoed is die oorsaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.