19 beseer in botsing

Argieffoto

Negentien mense is beseer in ʼn botsing tussen ʼn bakkie en ʼn minibustaxi op die N3 in Hillcrest in KwaZulu-Natal.

Ineke van Huyssteen, ER24-woordvoerder, sê die beserings wissel glo tussen matig en ernstig.

Van Huyssteen sê nooddienste is net voor 18:00 Donderdagaand na die toneel ontbied. Volgens haar het talle van die beseerdes buite die motorwrakke gesit met die aankoms van nooddienste op die toneel.

“Een beseerde was in die minibustaxi vasgekeer. Meganiese toerusting is gebruik om hom uit die wrak te bevry,” sê sy.

Dié botsing het verkeer vir die grootste gedeelte van Donderdagaand ontwrig. Die beseerdes is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir mediese behandeling en ondersoeke.

Die polisie was op die toneel om ʼn ondersoek te begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Raai-raai ·

20(taxi) + 15(bakkie) + spoed = makulu smash + eina = groot hartseer. Voorgaande som kon vermy gewees het met net o.a. GEDULD en NIE OORLAAI. Onthou dat jy lewendige gewig vervoer wat heen-en-weer beweeg terwyl jy voortsnel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.