19 beseer toe taxi’s, vragmotor bots

Twee taxi’s en ‘n vragmotor was in die ongeluk betrokke (Foto: Verskaf(

Altesaam 19 mense is beseer toe twee minibustaxi’s en ʼn vragmotor Dinsdagaand in Boksburg, Gauteng, in ʼn ongeluk betrokke was.

Volgens Ross Campbell, woordvoerder van ER24, het die ongeluk omstreeks 17:30 in Innes-weg in Boksburg plaasgevind.

“ER24 en ʼn ander private ambulansdiens is omstreeks 17:40 na die toneel ontbied. Al die mense wat in die ongeluk betrokke was, het daarin geslaag om hulself uit die voertuie te bevry,” bevestig Campbell.

Volgens Campbell was die passasiers van die taxi’s mans en vroue van die werk af op pad huis toe. Hulle het ligte tot matige beserings opgedoen het.

“Dertien van die passasiers is behandel en na die hospitaal vervoer vir verdere mediese sorg. Die oorblywende passasiers het vervoer na die hospitaal van die hand gewys.”

“Die bestuurder van die vragmotor het ongedeerd van die voorval afgekom.”

Die metropolisie was ook op die toneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Henri ·

Die regering is so besig om nuwe wetgewings op padgebruikers te probeer afdwing. Die oplossing is egter voor die hand liggend. Bestuur en beheer die minibusbedryf beter. As ek dink waaraan ek as boer my moet onderwerp (GlobalG.A.P., HACCP, arbeidswetgewing, ens.), hoekom kan daar dan nie jaarlikse, of beter sesmaandelikse, kursusse wees vir die bestuurders nie? Kyk waaraan moet oorsese openbare bestuurders voldoen alvorens hulle mag bestuur. Maar vir die regering is reëls slegs daar vir die gehoorsames…

Jr ·

Taxi bestuurders – wettige moordenaars. Maak soos ons smaak.

Winnie ·

Daai taxis ry soos hooligans en is ‘n gevaar op die pad maar hulle is ontasbaar en verhewe bo die wet

Kokerboom ·

Waarom kan regering nie die taxibedryf probleme oplos? Lyk asof hul die staat manipuleer. Hul is ‘n groot gevaar dmv wetteloosheid vir wetsgehoorsame publiek!

Swerwer ·

Hang af wie die skuldige party was by die ongeluk, maar ja, heel waarskynlik die taxi’s want hul ken
en pas nie ordentlike wetstoepassings toe nie. Kyk hoe vinnig kan hul verby jaag, sperstreep of nie, staan in linkerbaan wat duidelik wys dit is om reguit aan te ry, sodra robot groen slaan, dan skiet daardie taxi regs voor die verkeer in wat regs draai. En die beste is, die verkeersdepartement doen absoluut niks aan die saak nie, want hul self is skuldig. Wet en orde sal hierdie land van oons seker nooit weer ken nie.

Erika ·

Die Wat hulle self wangedra en n gevaar op pad is word gerieflik oorgesien…..As jy so skepsel uitwys in situasie want hy is in verkeerde kant van pad.-dit is die reel . . sorteer hierdie mentaliteit tipies konflik uit met geweld…met Houding Ons doen wat ons lus kry….

Maar sulkes val Skierlik Vinnig en Hard..

Belinda ·

ja want hulle ry soos hulle agter alies (mooi gese) en neem die passasiers se lewens in gedagte nie.

Di ·

Taxi’s BEHEER hierdie land – Als in hierdie land is SO korrup, van bo tot onder. Die ANC regering het hierdie monster geskep so hulle moet aandadig gehou word hiervoor. Die ANC Regering buig die knie voor baie soos die Taxi’s, Malemma, Unies en AL die KORRUPTE ANC kaders. Hierdie hele spul is onaantasbaar. Ons is nou by die 2de “State Capture”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.