19 burgers van Bangladesj uit Mpumalanga-huis gered

polisie-huisroof-crime

Altesaam 19 burgers van Bangladesj is Maandag gered uit ʼn huis in Kamagugu by Mbombela (Nelspruit) in Mpumalanga waar hulle aangehou is.

ʼn Intelligensie-taakspan van die polisie het inligting ontvang oor die slagoffers wat glo deur ʼn mensehandelsindikaat aangehou word waarna hulle na die huis is.

Volgens berig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, is 19 mans van Bangladesj in die drieslaapkamerhuis gevind. “Hul selfone is in ʼn plastieksak gevind, wat daarop dui dat hulle nie toegelaat is om met familie of vriende te kommunikeer nie.”

ʼn 52-jarige man Bangladesj, wat oor die mans in die huis toesig gehou het, is weens mensehandel in hegtenis geneem en sal binnekort in die Nelspruit-landdroshof verskyn.

Mohlala het gesê die vermeende slagoffers sal van die oortreding van die Immigrasiewet aangekla word.

“Voorlopige ondersoek dui daarop dat van die mans Middelburg toe geneem sou word en ander Johannesburg toe. Die ondersoek duur voort om te bepaal wie aan die hoof van die sindikaat staan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Kokerboom ·

Poreuse grense!!!!!Wonder hoeveel onwettige Pakistanies en Bangladesj’ers sluip hier rond? En bedryf sake van “ondergrondse” oorsprong!!

Veritas ·

Ek dink U kan die vraag dalk anders om vra …. Wonder hoeveel “wettige” Pakistanies en Bangladesj’ers sluip hier rond ? Op watter werk permit of visa is hulle hier ? “scarce skills ? Om lugtyd en skyfies te verkoop uit ‘n container ? Alles documentasie in orde ? Medies met daai long x straal ge-pass vir die residensie ? LOL Daar is so baie volksvreemde mense onwettig in SA, ek dink die regering het maar opgegee.

George ·

Jy kort nie meer een van daai om n werkspermit of visa te kry nie. Baie maklik om te kry wat jy nodig het. en ek bedoel BAIE maklik.

Manie ·

Deporteer dadelik asb, dit mag ons nie geld kos om na hulle om te sien nie.

Cherokee ·

Mensehandel is ‘n misdaad waaroor vraagtekens hang. Blykbaar verskillende tipes misdade wat geklassifiseer word as mensehandel, maar dit kom basies neer op ontvoering. Persoonlike afleiding.

George ·

Verkoop as slawe, sekswerkers, plaaswerkers, die ergste waaraan jy kan dink, nog so bietjie erger waar hulle bly en leef.

Cherokee ·

Soos jy sê, maar vreemd dat daar sò ‘n houvas op hulle gekry kan word.

George ·

Hulle kom van n land af in container, word gesmokkel, na n land waar hulle nie die taal kan praat nie, met mense wie jou sou help, wat jou foon, id, passpoort(as jy een sou he) enige dokumentasie en besitting vat, dink ek nie jy het veel uitweg nie. Daar is baie interesante docies hier oor, dis shocking en baie scary wat alles gebeur, en hoe vinnig hul hande verander. Ek praat onder korreksie, met van dit, sal die mense 17keer oorhandig wees binne 24uur.

Cherokee ·

Ek hoor wat jy sê en is oortuig jy’s reg. Wat dus is werklikheid gebeur, en nou maak dit sin, is dat hulle vrywillig saamgaan maar onder ‘n verkeerde indruk. Dat hul bestemming heel anders is as wat hulle gedink het.

Blikkies ·

Ek dink Suid Afrika is nou al die Mekka van alle Wereld misdaad sindikate, van mensehandel, geld wassery, korrupsie, moord bendes, wapen smokkelaars, Dwelm smokkelaars, onwettige myne, skynbaar ook opleiding van terroriste kampe, wat het ek nog uitgelaat,

Riaan ·

Genade – Dit wil voorkom asof Mpumalanga vir Gauteng uitdaag vir wie is die mees korrupste provinsie in Suid-Afrika. Ek lees van die moord bendes en al die goed wat in Mpumalanga aan die gang is tov Eskom, en ek sê vir myself die plek is besig om te nosedive

Marcello ·

Dit gaan heerlik in die land vir misdadigers. Dan praat ons nie eers van die Chinese wat agter in hulle winkels bly nie, die munsipaliteit weet dit, maar hulle kom niks oor nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.