ʼn 19-jarige is Saterdag beseer toe ʼn brand in sy kamer in Ladysmith, KwaZulu-Natal uitgebreek het.
“Die tiener, sy jonger boetie en ma het buite die huis gestaan en wag toe paramedici en brandbestryders omstreeks 06:30 by die toneel opgedaag het,” het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, gesê.
Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. Die tiener het matige brandwonde aan sy gesig en hande opgedoen. Hy het aan paramedici verduidelik hy het wakker geword weens die hitte in sy kamer.
“Hy is op die toneel behandel en na Ladysmith- provinsiale hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Vermaak bygevoeg.
Niemand anders is beseer nie.
Dis wat gebeur as jy in jou kamer oefen om jou skool te brand hehe
Goed gestel