19-jarige hoor oor borgtog ná moord op skoolmaat

Die Forest High School in Turffontein. (Foto: Bhekikhaya Mabaso/ANA)

ʼn 19-jarige skoolseun van die Forest High School in Turffontein in die suide van Johannesburg is Maandag in die landdroshof in die stad op borgtog van R5 000 vrygelaat.

Mohamed Mwela word beskuldig van die moord op Daniel Bakwela (16) buite die skool verlede week.

Mowela is Maandag in hegtenis geneem nadat Bakwela buite die skool aan sy wonde beswyk het. Twee ander leerders het ook steekwonde in die voorval opgedoen en is na ʼn hospitaal gehaas. Die leerders is onderskeidelik 15 en 16 jaar oud.

Maroela Media het vroeër berig daar word in dié stadium beweer dat die betrokke leerders Vrydag baklei het en die bakleiery Maandag buite die skool voortgesit het.

Mowela, ʼn gr. 11-leerder, is enkele ure ná die voorval in Dobsonville in Soweto in hegtenis geneem.

Die bedrag vir sy borgtog is vanoggend op R5 000 vasgestel en die hof het verskeie voorwaardes gestel waaraan hy moet voldoen.

Dit sluit in dat hy nie met enige getuies mag praat nie en ook nie op die skoolgrond toegelaat mag word nie. Mwela moet ook sy paspoort aan die polisie se ondersoekbeampte oorhandig en moet twee keer per week by ʼn polisiekantoor aanmeld.

Die hof het die Gautengse onderwysdepartement beveel om alternatiewe reëlings te tref sodat Mwela steeds sy eksamen kan aflê. Hy moet ook na ʼn ander skool oorgeplaas word.

Mwela, wat aangedui het hy gaan onskuldig pleit op die aanklag teen hom, het in die hof emosioneel voorgekom. Hy voer aan hy het uit selfverdediging opgetree.

Mwela moet op 10 Julie weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Ore ·

Ek lei af die leerder kom uit ‘n gegoede huis want sy paspoort moet ingehandig word?
Mag/kan ander skole weier om kriminele as leerder in te neem? Is hy nie al bietjie oud vir graad 11 nie? Mnr Lesufi is nou stil.

Lollo ·

Jy is nooit te oud om skool te gaan nie. Mnr Lesufi het nie nou tyd nie hy werk aan sy nuwe taktiek vir Afrikaans.

marous ·

Die toekoms van die land is so helder soos die binnekant van die diepste grot ….

Wonder ·

Hhhmmm so hy word na n ander skool oorgeplaas en maak dit hulle probleem. Hy verloor weer sy humeur in n argument en dieselfde gebeur. Hoekom kinders se lewens in gevaar stel met n persoon wat dié soort kriminele rekord het?? Dis onverantwoordelik!!

Sons ·

So die 19 jarige het n onskuldige persoon vermoor en hy word op R5000 borgtog vrygelaat. Dit gaan te lekker in die SA!!

Petro ·

Nie so onskuldig nie.. Ek hoor op die nuus hy was self gesoek vir gewapende roof… Storie het aktyd 2 kante…

Forest Hill ·

Forest Hill, eens ‘n prag voorstad en Forest High ‘n uitblinker skool. Gaan kyk nou maar, hulle is ook nou “victims of circumstances”.

Hans ·

Moord is moord waarom loop hy buite rond, moet nog een om kom en dan word daar net gese eish? hy moet in aanhouding bly maar nee hy gaan seker na die verhoor n LUR van iets word!!

Nettie ·

Is dit net ek, of wonder ander mense ook wat maak ‘n 19-jarige nog in Graad 11 op skool? Is jy nie veronderstel om skool klaar te maak op 17 of heel laatste, 18 jarige ouderdom nie? Tot wanneer wil dié laaitie dan op skool sit? Tot hy 25 is en dan “free university” toe gaan, waar hy 6 jaar lank probeer om ‘n 4-jaar lange kursus te voltooi???

PJC ·

Geen persoon wat ń geweldsmisdaad gepleeg het behoort borgtog te kry nie.

George in Bloem ·

Lesufi silence?……..double standards much? Clown.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.