19-jarige inbreker gevonnis ná hy gesteelde ware verkoop

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 19-jarige inbreker is Woensdag tot tronkstraf gevonnis nadat hy by Willem Jacobs, ʼn inwoner van Bloemhof in Noordwes, se huis ingebreek en hom besteel het.

Kapt. Paul Ramaloko, polisiewoordvoerder, het gesê die inbreker, William Serame Maqudu, is in die Bloemhof-streekshof tot 18 maande tronkstraf gevonnis op aanklagte van huisbraak en diefstal.

“Maqudu is skuldig bevind en gevonnis nadat hy by Jacobs se huis ingebreek en elektriese toestelle met ʼn waarde van nagenoeg R8 000 gesteel het,” het Ramaloko gesê.

Maqudu het die gesteelde ware aan inwoners van die Boitumelong-informele nedersetting vir ʼn aansienlike bedrag verkoop. Die polisie het later op wenke van die gemeenskap gereageer en op die gesteelde goedere beslag gelê en hom in hegtenis geneem.

Jacobs kon die toestelle positief identifiseer, waarna dit aan hom terugbesorg is.

Die polisie het die gemeenskap bedank vir hul samewerking.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

George ·

Mooi so dankie vir die gemeenskap , nou moet daai DIEF gaan werk in die tronk tot sy tong uit hang en leer , mens werk vir iets wat jy soek

KarooKlong ·

Die vryemark stelsel werk nie vir almal nie. Hy moet dit oorweeg om eerder ‘n kantoor joppie te kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.