ʼn 19-jarige inbreker is Woensdag tot tronkstraf gevonnis nadat hy by Willem Jacobs, ʼn inwoner van Bloemhof in Noordwes, se huis ingebreek en hom besteel het.
Kapt. Paul Ramaloko, polisiewoordvoerder, het gesê die inbreker, William Serame Maqudu, is in die Bloemhof-streekshof tot 18 maande tronkstraf gevonnis op aanklagte van huisbraak en diefstal.
“Maqudu is skuldig bevind en gevonnis nadat hy by Jacobs se huis ingebreek en elektriese toestelle met ʼn waarde van nagenoeg R8 000 gesteel het,” het Ramaloko gesê.
Maqudu het die gesteelde ware aan inwoners van die Boitumelong-informele nedersetting vir ʼn aansienlike bedrag verkoop. Die polisie het later op wenke van die gemeenskap gereageer en op die gesteelde goedere beslag gelê en hom in hegtenis geneem.
Jacobs kon die toestelle positief identifiseer, waarna dit aan hom terugbesorg is.
Die polisie het die gemeenskap bedank vir hul samewerking.
Mooi so dankie vir die gemeenskap , nou moet daai DIEF gaan werk in die tronk tot sy tong uit hang en leer , mens werk vir iets wat jy soek
Die vryemark stelsel werk nie vir almal nie. Hy moet dit oorweeg om eerder ‘n kantoor joppie te kry.
Sy wens is vervul. Hy kry nou ‘n kantoor…
Nog beter hy het ‘n B&B gekry!!!