19-jarige op kleinhoewe geskiet

Argieffoto: Lorraine Claasen

ʼn Jong man is Maandagaand, skaars ses dae voor sy 20ste verjaardag, op ʼn kleinhoewe buite Pretoria geskiet toe hy die voëls waarmee hulle boer gaan kos gee het.

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum wat self op die toneel was, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die voorval het op ʼn kleinhoewe buite Cullinan, oos van Pretoria, plaasgevind.

“Die jong man is omstreeks 19:00 uit om die diere te gaan versorg toe daar sommer uit die bloute op hom geskiet is. Een koeël het hom in die bors getref. Hy het teruggehardloop na die huis toe en voor sy ouers inmekaargesak,” het Müller.

Die man se ouers het hulp ontbied voor hulle met hom na ʼn private hospitaal in die noorde van Pretoria gejaag het. Hy is daar gestabiliseer en is tans in ʼn bevredigende toestand.

Müller het gesê as alles volgens plan verloop, behoort die jong man vandag geopereer te word om die koeël te verwyder.

Kapt. Kay Makhubela, provinsiale polisiewoordvoerder van Gauteng, het aan Maroela Media bevestig die aanvallers het direk ná die skietery van die toneel gevlug.

“Niks is tydens die voorval gesteel nie. Dit is nie dadelik bekend hoeveel aanvallers by die voorval betrokke was nie, aangesien niemand iets gesien het nie. Nadere ondersoek word gedoen,” het Makhubela gesê.

Die Cullinan-polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Müller het die polisie, plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum, buurtwag, die polisie se lugvleuel en die Bronkhorstspruit-polisie se honde-eenheid bedank wat vir lank ná die voorval na die aanvallers gehelp soek het.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het gesê met dié aanval ingesluit, was daar vanjaar 243 aanvalle op plase en kleinhoewes landwyd. Altesaam 36 mense is reeds vanjaar op plase en kleinhoewes vermoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Jaer ·

Dis duidelik dat blankes net aangeval word, die woord is deur CR en politieke partye gegee om so wreed moontlik teenoor wittes te wees. Maar vir CR is dit bitter belangrik om met die Zulus te praat en te verduidelik dat swart land nie in gevaar is nie, maar slegs wittes sn.

AmY ·

So, nou skiet hulle sommer nou vanuit die donker op mense? Lafaards!!!!
Ek hoop die jongman herstel vinnig.

Lollie ·

Sterkte jongman! Glo my as ek sê daar is nie een blanke suidafrikaner wat nie saam met jou bid nie! Môre of oormôre is dit dalk een van ons en dalk is ons nie so gelukkig om dit te oorleef nie!
Ek glo dit is ń verskriklike trauma maar ons bid vir krag en sterkte!

Elsa ·

Ons gebedes is om die familie en ons bid vir slim drs met wysheid sodat Jesus deur hul hande die nodige doen tydens operasie
Ons arresteer die booswigte en verklaar beskerming oor oor elke omgewing waar daar planne gemaak word om mense aan te val..dit stop vandag

kas ·

Hoe het hy/hulle geweet hy gaan daardie tyd buite wees?Ek kry die idee hulle was reeds daar en het ‘n aanval beplan.Hoekom is daar soveel aanvalle in die Cullinan omgewing?

Jasper ·

@Kas, ek dink die maklike en vinnige pad na Mamelodi, Rifilwe ens is n groot aantrekkingspunt vir aanvalle in Cullinan omgewing.

NiNa ·

My eerlike opinie… ek dink hulle het by die hokke geskuil en wag… gewag vir ‘n kans om hulle “move” te maak en was “verras” deur die jongman. Hulle het gedink hy het hulle gewaar, hulle het geskrik en daarom het hulle hom geskiet en gevlug…

Callie ·

Kan ons begin samstaan. Kan ons reel vir byeenkomste. Al begin dit in elke dorp by ons kerke. Daar is nie meer tyd mense. Die jag op die witmense is oopgestel. Elke keer wat Malema praat word nog permitte uitgereik vir moord op blankes. Ramaphosa probeer nie eers iets doen nie. Ons moet begin. Alle voorstell asb.

Johannes ·

Callie, ek stem 100% saam. Ons gaan onsself bitter vinnig moet begin organiseer. Hier kom duidelik groot moeilikheid!

Ons kort dringend leierskap – ek het gedink AfriForum/Solidariteit want hulle word internasionaal erken.

Ek is nie ‘n Suidlander aanhanger nie – maar HENG! Hulle het ten minste ‘n plan sou die ergste gebeur!

Petro Benade ·

Ek stem Kallie maar sit gewapende wagte voor die deure.

GP ·

Niks teen jou kommentaar nie maar ons is so vining om te se Pasop of hulle sal nie so maklik my plaas vat nie, en allerhande grootpratery vir jare, pasop vir wat?

Ek het geen twyfel dat ons volk wel ‘n verandering kan maak nie maar dan moet ons iets doen daaraan. Al wat ons (ek ook) doen is praat. Ons kort aksie.

Johannes ·

GP, wou presies dieselfde reageer. Ons kan nie heeltyd sê “ons sal ons grond beskerm” of “ons is nie bang nie” …maar ons het nie ‘n plan nie, ons het nie voorraad nie, ons het nie wapens en amunisie nie, ons rig nie ‘n duidelike en ernstige standpunt aan die staat nie… Wie flous ons?

Oorlog ·

Ons kan nie langer die wette volg van n regering wat klaarblyklik teenoor ons oorlog verklaar het nie. Geld oorlogs verklarings nie meer in die 21ste eeue nie?Well dit is opad of ons hou daarvan of nie…

Johannes ·

PRESIES! Ons gaan moet ophou praatjies maak en duidelike lyne in die sand begin trek.

Dit het tyd geword om ‘n duidelike ultimatum aan die staat te stel. Die res van die beskaafde wêreld behoort ook ernstig kennis van hierdie ultimatum te neem.

Sou die ultimatum verbreek word beskou ons dit as ‘n verklaring van oorlog.

Piet ·

Callie ek sou nie die kerke probeer intrek nie, hulle skenk geld aan sending werk waar dit nie die afgedwaalde Christen bereik nie. Die meeste kerke verdraai die Woord van God. Die Afrikaner sal wel moet saamstaan en ophou twis oor onbenullighede, soos die kastige groot verskil tussen die Afrikaner en die Boer, die Engelse en die Joiners, waar dinge verkeerd geloop het en die NP stemmers wat nou almal stil is. Dis alles mos waters onder deur die brug. As mens nie getalle aan dieselfde kant kry nie, gaan jy geen verskil kan maak nie.

Oorlog ·

Ons kan nie langer die wette gehoorsaam van n regering wat klaarblyklik teenoor ons oorlog verklaar het nie. Geld oorlogs verklarings nie meer in die 21ste eeu nie? Oorlog kom of ons nou dit ignoreer of nie of ons daarvan hou of nie. Dit is opad.

Gestremde ·

Gaan kyk op News24 na Julius Malema se aanhitsing tot geweld tydens ‘n vergadering Sondag. Wat my egter teleurstel is dat hy nie in die tronk sit na die aanhitsing nie. Dit is tyd vir blankes om te begin saam staan.

Michelle ·

Kyk ook sy twitter opmerking soos berig deur The Citizen.
Maak maar reg.

Artus ·

Ondersteun asb Atlas7 met R100 ‘n maand. Hulle doen iets aan hierdie probleem maar het elke besorgde Afrikaner se hulp nodig. Soek Hendré Papenfus op Facebook op.

Pieter ·

Nog ‘n organisasie wat geld soek. Ek het gaan kyk maar kan nie uitmaak wat hulle funksie is of wat hulle nou eintlik doen nie behalwe om lawwe bewusmaking videotjies te maak.

Susan ·

Was my man se kamermaat by Montana hospitaal. Gaan goed met hom. Hy is n tawwe mannetjie!!! Baie respek!

Jerry ·

Eerstens moet julle, julle eie beveiliging drasties opskerp. Tweedens, roep julle leiers van die VF en AfriForum tot orde en laat hulle versoenend optree teenoor en met CR. Die situasie kan slegs dan verander. Dit blyk egter volgens julle leiers se agenda om onversoenend op te bly tree en om toe te laat dat dit slegter gaan met die Afrikaner, want sodoende stoot dit ledegetalle op en gee dit meer skietgoed wat teen die regering gebruik kan word vir aanspraak op n volkstaat met selfbeskikking. Dit raak duidelik dat julle leiers julle wil vat tot op n punt, daar waar die Afrikaner niks meer het om te verloor nie, met die hoop dat julle dan sal saamstaan om die oorlog waarvoor hulle wens, vir hulle te baklei!

Werner ·

Hierdie aanval is soos die terroriste dit in die ou dae gedoen het baie aanvalle die afgelope tyd is op die manier gedoen

GP ·

Besig om die boek te lees “Oorwin plaasaanvalle”. Boek was 2003 geskryf maar baie taktieke is steeds dieselfde. Goeie inligting om te he.

Moenie vrees nie ·

Bly weg van die SL. Bly weg van die siener goed, die meeste van dit wat vir julle gevoer word het hy nooit gesê nie. Vertrou net op God want hierdie ding is uit ons hande uit. “Moenie vrees nie!”, sê God in die bybel, 331 keer. Dis die gebod wat die meeste herhaal word.

Mark ·

Wees ten alle tye paraat, hulle spring boy sommer helder oor dag oor mure en skiet uit die donker. Hulle weet wat aangaan in ons huise en hou ons dop!

Susan ·

Sluit aan by die jagters vereniging. Solank jag as ‘n sport beoefen word kan jy aansoek doen vir wapen lisensies & natuurlik wapens en ammo koop. Kom aan ouens betaal jou jaarlikse fooie & skiet by jou jagters klub – grootste voordeel is die wapens en ammo wat jy kan koop. Many ways to skin a cat…

Johan ·

Colleen,daar is n lewenslange tronkstraf dalk van25 jaar,wat nie sal gebeur nie.Botswana is reg.Doodstraf,al wat kan werk.

Jax ·

Watse wette word daarvan gepraat. Heel duidelik is dit net van toepassing as ons iets verkeerd doen. Daar word gese, darem het ons nie bom aanvalle, terroriste aanvalle soos Amerika en ander lande. WONDER wat is die…!? Eks nie n kenner maar eerlik dink ek die laaste wat die Afrikaner kon saam staan was in die Anglo Boere Oorlog, nou deesdae is dit elk vir hom self, die rykes (of gelukkiges) kan immigreer, wat van ons wat moet agter bly… Wat van ons KINDERS.? Dis hartseer om te weet dat die mense wat in beheer is van ons land nie omgee, almal is net daar om hulself ryk te maak. Standaarde word verlaag eerder as om die kwaliteit op te knap. Waar gaan dit eindig…?

Denise ·

Hierdie moorde en aanvalle raak net meer maar praat gan niks help . Praat is afdraand ????

Theuns ·

En nog steeds sal die grootkoppe in die parlement en polisie stry en sê daar is nie ñ probleem met plaas aanvalle op die wit mense nie??? Sterkte vir die jongman en sy gesin.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.