19-jarige roeier van Jhb word vermis

Argieffoto (Foto: PaulineLB/Pixabay)

ʼn 19-jarige van Johannesburg word vermis nadat hy Vrydagaand op die Vaaldam in Gauteng gaan roei het, maar nie teruggekeer het nie.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het gesê die NSRI Vaaldam is Vrydagaand omstreeks 23:00 in kennis gestel dat die jong man nog nie teruggekeer het nie. Hy het omstreeks 19:00 op die dam in die omgewing van Oranjeville uitgeroei.

“Daar is nog geen teken van hom nie. Die polisie se duikeenheid het ook by die soektog aangesluit. Die soek- en reddingspoging duur voort.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.