19-jarige sterf in Gauteng toe weerlig hom tref

Argieffoto (Foto: Victoria-meer-roeiklub)

ʼn 19-jarige man is dood en ʼn 14-jarige skolier ernstig beseer toe hulle Saterdagmiddag in Germiston aan die Oos-Rand van Gauteng, aan ʼn regatta deelgeneem en ʼn weerligstraal hulle getref het.

“Die regatta is omstreeks 17:00 by die Victoriameer in Germiston afgelas wees donderstorms in die gebied. Deelnemers was besig om alles weg te pak toe ʼn 19-jarige roei-afrigter en ʼn 14-jarige skolier van Kaapstad deur ʼn weerligstraal getref is,” het Gerhard Potgieter, stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), Sondag gesê.

Die NSRI Gauteng en paramedici, wat by die regatta was, het dadelik reageer. KPR is op die 19-jarige afrigter toegepas. Alle pogings om hom by te bring, was tevergeefs.

Die 14-jarige is ook op die toneel behandel voor hy in ʼn ernstige maar stabiele toestand na ʼn hospitaal geneem is. “Hy sterk aan in die hospitaal.”

Die polisie doen ʼn geregtelike ondersoek.

Die NSRI betuig sy meegevoel met die familie, vriende, kollegas, die roeiklub en die skool.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Nouja ·

My innige meegevoel aan die naasbestáandes en skool. Dis ongelukkig nie die eerste keer dat so iets gebeur nie.
RowSA en Min van Sport behoort dit erustig te oorweeg om die Roei sport seisoen van’n somer een na’n winter sport te verskuif.

Verwonderd ·

Watersport in die winter? Dis alreeds so koud in die somer. Frats ongeluk. Nie nodig vir oorreageer nie.

Nog n geval nou ·

Nog n man, n roei afrigter, is ook die naweek deur weerlig doodgeslaan.

SjN ·

Tragies, fratsongeluk, jy kan nie teen die natuur gaan nie, gaan die polisie die weer aankla met die ondersoek?

vivienne ·

Belaglik! Plaas hul op di mensdom se moordenaars afgasn.

Tragiese verhaal

Philip ·

Sjoe tragiese voorval. Innige simpatie met sy ouers. Mag Liewe Jesus hulle styf vashou en vertroosting bied gedurende die tyd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.