19-jarige sterf in motorfietsongeluk

Die motorfiets se wrak. Foto: ER24

Die motorfiets se wrak. Foto: ER24

ʼn 19-jarige man is Maandagoggend in ʼn motorfietsongeluk in Benoni aan die Oos-Rand dood.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die botsing tussen ʼn bakkie en die motorfiets het op Ou Pretoriaweg in Petit plaasgevind.

“Met paramedici se aankoms op die toneel is die motorfietswrak aan die kant van die pad aangetref, met die jong man se liggaam enkele treë van die wrak af,” het Meiring gesê. “Daar kon ongelukkig niks vir die man gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar.”

Die insittendes van die bakkie is ondersoek, maar hulle het geen beserings opgedoen nie. Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Lees ook: Jong renjaer sterf, Lewe só gevier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Willie ·

Wat n tragedie. So jammer om so iets te sien. Die feit van die saak is dat n motorfietse deesdae is so so gevaarlik. Mense sien nie karre raak nie, wat nog van n mororfiets. Innige simpatie met die familie.

JOHAN ·

Ek het die voorreg gehad om hom te ken, hy was een van ons land se mees belowendste jong renjaers en sou verseker nog n Suid Afrikaanse kampioen gewees het, hierdie jaar tot dusver het hy beter as ooit gejaag, die talent wat hierdie jong man gehad het was ongetwyfeld van die beste in die land. Ons gaan hom mis #ripanthony

Leonie ·

Shame dis so verskriklik. Sterkte aan die familie ek kan net dink waardeer hulle vandag gaan. Rus in Vrede seun. Weet nie wat gebeur het nie maar dis tragies.

Ken ·

Om in SA ‘n motorfiets te ry is deesdae een van die gevaarlikste dinge wat jy kan doen. Die manier wat baie motoriste bestuur en hoe “onteenwoordig” hulle is maak dit hel gevaarlik. Sien hulle elke dag op die pad – besig op die selfone, ry oor rooi ligte, stop nie by stopstrate nie – hulle is oral. Nee wat, sal ‘n motorfiets vir niemand aanbeveel nie. Baie tragies, slegs 19 jaar oud….

vermeende ·

Maroela maak die berig reg. Dit was n seun en nie n man nie, hy was nog n tiener.

Sterkte aan al sy geliefdes.

Tiger ·

Die enigste “veilige” motorfietse is veld fietse wat NET in die veld gery word.Op ons paaie staan ‘n motorfiets ryer nie ‘n kans nie.Ons innige meegevoel en simpatie met die man se familie en vriende.
My broer het ‘n motorfiets agentskap vir 20 jaar bedryf en ek kan ‘n boek skryf oor al die ongelukke waarin kliente waarmee hy goeie vriende geword het in lewenslank vermink of dood is sonder dat dit dit hul skuld was.Sy “mechanic” en sy vrou het ook doodverongeluk deur ‘n taxi wat regs en voor hulle ingedraai het.Motorfietse het te vinnig geword wat ook ‘n gevaar skep.Een oomblik is die pad by ‘n kruising skoon en die volgende is ‘n motorfiets amper in jou in want in die tyd wat jy jou kop draai om anderkant toe te kyk vir aankomende verkeer verskyn die motorfiets uit die niet uit van die ander rigting af wat ‘n sekonde of twee tevore nog skoon was .

Carlos ·

Ongelukkig is dit so dat motorfietse vinning is maar dis ook so dat motoriste op selfoone is of net doelbewys lane verander sonder om te kyk wanrt die flikkerlig gee hulle daai mag oms o op te tree en dan die moedswilligheid wat gepaard saam dit gaan die motorfiets het mos ook brieke, ek ry al 35 jaar superbike op ons paaie en het al nou omkommings gehad en dit is maar net om wakker te wees op die pad meer opletend as jy nie die heel tyd opserweer nie is dit n goeie reseo vir n ongekuk om te gebeur. Motorfiets in die algemeen is vinniger en meer raasend maar het nie kompetiese teen motoriste wat harde musiek luister of nie opletend is nie , motorfiets ryeres moet maar dink vir almal en alles om in die tyd te kan motorfiets ry op ons paaie , dit is baie tragies om tieners te verloor met sulke talente en nog in die vleur van julle lewens

Johann ·

Ek is so jammer vir sy familie, maar ongelukkig bied ‘n motorfiets geen beskerming in geval van ‘n ongeluk nie. Sterkte!

Siestog ·

Dit is verskriklik hierdie tragiese dode waaraan die jongmense sterf. Hulle hele lewe lê nog voor hulle. Maar, ‘n groot MAAR, ek kan nie glo die laaste tyd hoeveel mense jaag summier oor ‘n rooi robot nie. Daar is meer as genoeg tyd om te stop. Dan praat ek nie eers waar die
anderkant se robot al groen oorgeslaan het nie.

Rudi Erasmus ·

Anthony was ñ awesome seun met ñ uitsonderlike talent vir die resies baan.
Ek het die voorreg gehad om vir Anthony skool te hou. Anthony se sin vir humor, glimlag en lewensgenot sal altyd onthou word. Hy het altyd tyd gehad vir ñ lekker grappie en het dan altyd so lekker gelag. Ons gaan jou baie mis. Tot weer siens my ou maat…

Nathan Strydom ·

Anthony jy was nie net my vriend gewees nie,jy was n broer vir my gewees. Jy was ‘n hero in my oë!! Ek gan jou so baie mis. Dankie vir jou vriendskap vir al die jare en danki vir een AWESOME naweek wat verby is. Jy is ‘n CHAMP!!!
Rus In Vrede my vriend.

Jan ·

Ek voel hartseer oor die persoon wat dood is maar as ek die speedcop sien met sy hande in die sakke dan wonder ek maar net oor die woordjie respek.

Lynni ·

Vermeende, die berig is reg om na die oorledene as ‘n man te verwys. 18 jr oud is mondig in ons land. Die Konsep Kindersorg- en Beskermingswet definieer ’n kind as ’n persoon onder die ouderdom van 18 jaar As jy 18 is en jy pleeg misdaad gaan jy na gevangenis vir volwassenes ens. Maar ek dink nog aan my kinders as seuns al is hul amper dertig.

Lynni ·

Vermeeende, Die Konsep Kindersorg- en Beskermingswet definieer ’n kind as ’n persoon onder die ouderdom van 18 jaar

Madeleine van Staden ·

Sterkte aan die families. Ons is vandag presies 19 maande gelede deur dieselfde tragedie. Dis n bitter moeilike pad om te stap. My hart gaan werklik uit na julle

jannet seultz ·

Weet jy daar is nie genoeg woorde om te se hoe ons hom gaan mis nie. Hy sal vir altyd in ons harte bly. Wens net die mens wat in kare ook ry moet van hulle foone af bly en hulle oe oop hou vir die moterfiets want hulle gee nie om oor hulle nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.