19-jarige vas oor Bonnievale-plaasmoord

Die Wessels-gesin. Van links is Liezel (51), Annelie (23), Jana (19) en Tool (53). Foto: verskaf

Die polisie ondervra ʼn 19-jarige verdagte in verband met die moord op die Bonnievale-boer Tool Wessels (53) en die poging tot moord op sy vrou, Liezel (51).

“Een van die vuurwapens wat tydens die voorval gesteel is, ʼn .22-geweer, is gekonfiskeer,” het lt.kol. André Traut, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, gesê.

Maroela Media het vroeër berig die Wessels-egpaar is Maandagaand op hulle plaas Kapteinsdrift oorrompel, vermoedelik deur vier mans met klapmusse. Liezel het pas teruggekeer van ʼn atletiekoefening en Tool het werkers op die dorp gaan aflaai. Die aanvallers het hulle vermoedelik op die plaas ingewag.

Die egpaar en hulle dogters, Annelie (23) en haar suster, Jana (19), boer al sedert 2000 op die plaas, hoofsaaklik met druiwe, appelkose en perskes.

Liezel is tydens die aanval met ʼn skerp voorwerp in die bors gesteek en met kookwater op haar rug gebrand. Annelie het vanoggend gesê haar ma word steeds in die hospitaal op Worcester behandel.

“My ma het nog baie pyn en sy kan nog nie regop sit of plat lê nie, maar sy is heeltemal wakker. Sy weet presies wat aangaan,” het Annelie gesê.

Liezel moet nog tot minstens oormôre in die hospitaal bly. Annelie het gesê daar was die afgelope paar dae geweldig baie besoekers wat die gesin kom ondersteun het.

Liezel het tydens die aanval haar bewussyn verloor en by die bure gaan hulp soek toe sy weer wakker geword het. Haar man se liggaam is ná ʼn soektog ʼn ent weg van die huis gevind. Hy was reeds dood.

Volgens die polisie sal die verdagte in die hof verskyn sodra hy aangekla word.

“Die ander verdagtes wat in die voorval betrokke was, is nog soek,” het Traut gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Karl ·

As ek so lees, begin hulle al op skool, hier van 12/13 af, moor op skoolgronde, nie eens te praat van hoeveel verkragtings in skoolure nie.

Gemaskerde Sopbeen ·

Gaan lees weer. Daar was nog 3 ander ook by. Hierdie een het nie gemoor nie….hy was net daar om te “leer”…

Liezl ·

Juba, ek weet ook nie! Dis belaglik! 19! Jy is streng gesproke tot 18 saam met jou ouers in ‘n huis. Die ouers moet ook sommer aangekla word. Watter opvoeding het hierdie kind gehad. Ja, ja, baie ouers gaan my nou kruisig, want ‘n kind kan ‘n goeie opvoeding hê en nogsteeds ten slegste uitdraai. Maar wraggies, dit raak erg! Ouers moet terugkom na die Woord en hul kinders die regte waardes leer. Daar is baie ouers wat keer op keer die toets dop. Dankie vir die ouers wat pragtige jong mense het en als in hul vermoë gedoen het om die regte riglyne deur te gee. Ek is net sooo jammer vir Famielie Wessels en almal wat werk gehad het deur hierdie familie. Dat ‘n 19jarige nou besluit het hy het die vermoë om iemand se lewe te beeindig. Dis so jammer!

Annelize ·

Juba, soos dit my deesdae lyk, net na geboorte al.

Hierdie een was gewis besig met “indiensopleiding”. Kyk maar die jonge meisie wat so rukkie terug by ‘n eetplek die vrou se handsak gegaps het onder haar swanger ma se wakende oog. Verder sal ek nou nie uitwei oor die “indiensopleiding” onderwerp nie, ek sal maar my kommetaar hier afsluit, anders is ek weer in die sop en word my kommentaar verwyder.

Anoniem ·

Hy verskyn in die HOF en wat DAN ! Fooitog wat van Sy regte ? Pateties ! ?

Vintcent ·

Korrupte regering en regstelsel is ten gunste van kriminele…maar dit is mos waarvoor SA gestem het.

GM ·

Juba, op skool al – as ek moet kyk na al die skêrstekery wat in die verlede al plaasgevind het.

QP ·

Blykbaar begin hulle op 15, volgens die Steyn meisie wat deel was van die Krugersdorp moorde.

Jan ·

Waar kry hulle die ondervinding om iemand dood te maak? Dis hoe hulle groot gemaak word. Dit het niks te doen met oorlewing nie, dit het niks te doen met ‘n tekort aan geld nie, dis bloot hoe hulle groot gemaak is en waaraan hulle blootgestel is en aan wie hulle voorgestel is.

onderwyser ·

Hoop hulle vang almal. Baie sterkte aan hierdie mense, dit is verskriklik. Beveiliging teen aanvalle behels goeie sekuriteit, kameras om jou te waarsku, verskillende lae van veiligheid sodat jy betyds gewaarsku word en jouself kan verweer. Vinnige bystand. moenie alleen beweeg nie. Ek hoop iemand kan raad gee. Dit is ‘n unieke toestand.

Nonnie ·

Jammer, maar dis nie mense wat so wreedaardig en boos is nie……

TN ·

Hulle het reeds 2 gekry sover ek kan agterkom ___ blykbaar burgers van Lesotho .

KL ·

@TN, dis n ou “veskoning” dat dit altyd “buitelanders” nie, maar dis die Saffas wat nie wil werk nie, dis die Saffas wat als moontlik sal doen om alles verniet te kry. Ek het 95% buitelanders in my besigheid, en die minimum Saffas, en ekt nie n dag se probleme nie, maar toe dit 95% Saffas was, het hul dit onmoontlik gemaak om te werk, die’s wat opgedaag het. Saffas dink hul het meer regte as wat hul het.

TN ·

@KL __ ek stem 100 % . Ek maak van mense van Zim en Malawië gebruik so ver ek kan al vir ‘n geruime tyd maar onthou dat kriminele elemente ook deur ons grense stroom . Gemors van Nigerië het my ‘n klompie jaar gelede probeer afpers en toe ek vir hulle mooi beduie waarheen hulle kon gaan het hulle gedreig om my en my familie leed aan te doen . Ek het alle kommunikasie gevat en na die polisie se speurtak gegaan , ‘n Kaptein van die speurtak het my te woord gestaan . Hy het aanvanklik gedink dat ek snert praat totdat ek vir hom al die sms’se en die nommers gegee het . Hy het die nommer geskakel en een van die gemors het geantwoord maar toe hy hoor dat dit ‘n persoon van die polisie was , die foon neergeplak en geweier om weer te antwoord .
Ekself is as kaptein uit die ou SA-weermag uit en het vir hom mooi beduie wat gaan gebeur as daardie mense by my huis opdaag . Die polisie het ‘n hele paar aande lank die omgewing rondom my huis gepatroleer . Die polisie-offisier het vir my presies vertel wat ek moet doen indien ek daartoe gedwing sou word om te skiet . Gelukkig was die afpersers net bek maar ek wou nie die kans vat nie .
Ek pleit deurgaans by my vriende en kennisse ; WEES PARAAT EN DINK VOORUIT !

humor ·

Ook wil ek hier n voorstel maak. Daar is n ander manier om hierdie haglike toestand van misdaad onder die aandag van die buiteland te bring Reel n massiewe kongres waartoe al die belanghebbenis soos Solidariteit Afri Forum Agri SA,landbouverteenwoordigers, die boeregemeenskap ook stedelinge , sekere swartpartye wat raakvlakke toon, selfs ook die anc en ook veral die regte persone op internasionale gebied om deel te neem. Sorg dan dat onder andere dat die historiese aspek van oa plaasmoorde te berde gebring word. Sorg dan dat daar nuusdekkking deur internasionale nuusmedia sal wees. Dit sal gewis bydra dat daar n n groter eenheids bewuswording sal ontstaan. Selfs kan internasionale besoekers (sprekers) geneem word waar die 1000 de wit kruise geplant is.

Alex ·

Hoeveel kruise moet geplant word en gedenkmure opgerig word voordat iets daadwerklik gaan verander of iemand gaan aandag gee?

Piet ·

Want apartheid het 25 jaar terug ge eindig , maar die moordernaar is 19 jaar oud , Dis presies wat mandela wou gehaad het , TIA

Vlieg ·

Loof n belonging uit vir die ander se inhegtenisname, lewend of dood! Verkieslik dood!

Sarel ·

Niks gaan verander tot dat Christus terug keer nie. 55% werkloosheid tussen 15 en 25.
Verlos ons van die bose en kom ons bid dit gaan binnekort oor wees boere sal moet doen wat hulle kan om veilig te wees.dit gaan baie erger word

Heksie ·

Maak hom praat oor waar sy tjommies is en dan wanneer julle almal het … P4 …

Sê maar net ·

Die ander verdagtes is nog soek….wat van… martel die 19de jarige tot hy sê waar die ander verdagtes is. Hy het geen regte nie, as jy moor is jy tot enigiets in staat.

Jan ·

Ek lees op ‘n ander blad al die verdagtes is van Lesotho. Ek is so bly ek het nie destyds mense van Malawi aangestel soos almal aanbeveel het nie. Hoekom hierdie mense van die noorde aanstel in die Wes-Kaap?! Mense dink mos nie aan die langtermyn probleme nie, presies hierdie kortsugtige uitkyk wat ook van die probleme verskaf in Grabouw, De Doorns en Ceres. Ek sukkel liewer voort en waag my lewe met local Wes Kaap arbeid

Jannie van Niekerk ·

Die ANC voer paniekbevange mense van ander lande en provinsies in na die Weskaap met die hoop dat hulle weer hier sal regeer. Binnelandse sake reik meer ID dokumenst uit aan buitelanders as die totale getal persone wat in Sudi Afrika gebore is sedert die skepping met die hoop dat die “amakwerkwers” vir hulle sal stem.

Boet ·

Die SAP moet by hom uitvind wie betaal hom om die boer te vermoor.

Sal verbaas wees ·

Sal verbaas wees om te sien watse politieke leiers en besighede sit hieragter. Tyd om onafhanklik te word want ons kan nie meer onder die kriminele land aangaan nie.

Michelle ·

Waar is Ramaposa nou hy moet kom pa staan vir die moord op ‘n onskuldig plaasboer en poging tot moord, hy het mos aan die wêreld verkondig daar is nie so iets nie. Volgende moet Cele kom pa staan want hulle persoonlik was nog nie geraak deur geweld misaad nie hulle word opgepas ons lewe in tronke agter tralies en moet onself beskerm teen moordenaars wat vrylik rondloop. Niks kan die familie se geliefde terug bring nie en niks kan die sielkundige skade reg maak nie.

Wonder net ·

Hoekom het ek n slegte gevoel oor hierdie saak? In watse samelewing bly ons dat mens eerste na die ouderdom van die kinders kyk en dan begin wonder… seker net toeval dat die verdagte en die dogter 19 jaar oud is. En dat daar netens verder van dié dogter gepraat word nie. Net toeval!

Sakkie ·

Wonder Net. Wat verswyg word is die tweede verdagte wat saam met die 19 jarige gevang is. Hulle is ook nie deur die Polisie gevang nie maar deur iemand anders toe hulle weer wou inbreek. Wonder ek ook net.

Ben ·

Vind bietjie uit hoekom die Myne in die Goudveld hulle werkers van Malawi, Zambië ens ingevoer het. Gaan dink daar oor. Die Saffas wil nie werk nie en die bietjie wat wil, wil die baas wees.

Sakkie ·

Het die Polisie nie al die feite bekend gemaak oor hoe die man gearresteer is nie en wat van die persoon wat by hom was wat ook gearresteer is en in watter omstandighede hulle vasgetrek is?

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.
Almal wil politieke leiers word……dra nie 1 sent by tot die ekonomie nie…wil net ontvang …
.
.

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

….maar hy wil ekonomies vry wees…oorvloed van geld hê sonder om by te dra aan die ekonomie….of om te dink.
.
.

honourable member ·

Dis nou weer gemors uit Lesotho. Mens moet hierdie mense ten eerste nie eers n werk gee nie want jy gaan dit berou. Hulle is glad nie lojaal nie.

Attie. ·

Daar was vinnig opgetree deur die polisie en ons moet dankbaar wees ons het nog goeie manne in die SAPD. Ons is geneig om die ou sweterige vettes te sien wat in Engels verklarings by ons kom afneem na ‘n inbraak in ons huis. Die polisiemanne maak dat ek nie regtig ‘n saak wil aanmeld nie maar daar waar ons nie sien nie is nog goeies wat wil werk en presteer. Ek salueer julle.

Sakkie ·

Attie. Korreksie. Hulle is gevang toe hulle weer wou misdaad pleeg. Hulle was alreeds vas gebind toe die Polisie daar opdaag.

Lindtjies ·

Boere moet nie mense aanstel wat nie ‘n wettige Suid Afrikaanse identiteits dokument het nie. Laat sommer “screening” by die polisie stasie doen om te sien of hulle nie ‘n kriminele rekord het nie. Dit vra bietjie opoffering maar op die ou einde kan dit dalk ‘n lewe red.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.