19-jarige vas oor polisieman se moord

(Foto: SA Polisie)

ʼn 19-jarige verdagte is in aanhouding ná hy Donderdag deur die eenheid vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) in hegtenis geneem is. Hy staan tereg op aanklag van die moord op ʼn polisiebeampte in Inanda, Durban.  

Kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die polisie, het gesê konstabel Sizwe Mthethwa was op 7 Februarie nie aan diens nie, toe hy met ʼn mes aangeval en gesterf het. “Nog twee persone het tydens die voorval meswonde opgedoen en is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling.”

Die verdagte het na bewering die oorledenes se selfone gesteel.

Mthethwa was op pad na die verdagte se huis om met sy ouers te vergader ná ʼn bakleiery tussen die verdagte en Mthethwa se stiefseun. “Die verdagte het hom egter met ʼn skerp voorwerp aangeval.”

ʼn Saak van moord, poging tot moord en diefstal is by Inanda-polisiestasie aanhangig gemaak en die dossier is aan die Valke oorgegee vir ondersoek. “Beamptes het onverpoosd gewerk tot die verdagte opgespoor en in hegtenis geneem is.”

Die 19-jarige verdagte sal na verwagting Maandag in die Ntuzuma-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Blomme ·

Sy hele lewe nog voor hom, maar reeds ń krimineel. Wat het van ons jeug se onskuld geword?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.