ʼn Jong man, vermoedelik 19 jaar oud, het Saterdagmiddag in die Vaalrivier verdrink.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die man se vriende het paramedici en die polisie net ná 14:00 na die toneel naby die R82 in die Drie Riviere-omgewing ontbied. By die polisie se aankoms op die toneel het duikers onmiddellik begin om na die man in die water te soek.
Die duikers het na ʼn ruk die man gevind en sy liggaam na die oewer gebring. Paramedici het die man ondersoek, maar daar was niks wat vir hom gedoen kon word nie. Hy is op die toneel dood verklaar.
ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen.
“Naby die R82”?? Daar is ten minste drie brûe in daardie omgewing. Wat van die GPS-ko-ordinate van die gebeurtenis? Dit geld ook vir motorongelukke ens. wat plaasvind in landelike gebiede. Ek glo nie die ANC het reeds sy eie GPS-storie maar moet staat maak op inligting van wat betrekking het op kolonialisasie. So het kolonialisasie ook ons almal ‘geleerd’ gemaak om in ‘ingels’ te kommunikeer.
Inligting aangaande ongelukke kan ook melding maak of veiligheidstoerusting gebruik was soos veiligheidsgordels, baba-/kinderstoeltjies, reddingsbaadjies (life jackets), ens.
Dit behoort ons meer bedag te maak om aandag te skenk aan ons en ander se veiligheid.