19 SA’ners op pad huis toe van Gaza

Smoke rises following Israeli strikes in Khan Yunis in the southern Gaza Strip, early on December 4, 2023, amid ongoing fighting between Israel and the Palestinian group Hamas. (Photo by SAID KHATIB / AFP)

Rookwolke hang oor die suide van Gaza na lugaanvalle deur Israel die afgelope naweek. Gevegte tussen Israel en vegters van die militante groep Hamas duur voort, met Israel wat sy aanvalle opnuut verskerp het. (Foto: Said Khatib/AFP)

Altesaam 19 Suid-Afrikaaanse burgers is op pad terug huis toe nadat hulle sedert 7 Oktober in Gaza vasgekeer was toe gevegte tussen Hamas en Israel uitgebreek het.

Volgens die departement van internasionale betrekkinge en samewerking het die Israeliese owerhede die groen lig gegee vir die Suid-Afrikaners om na Egipte vervoer te word. Die Suid-Afrikaners, ses mans en 13 vroue, het veilig in Kaïro aangekom en is nou op pad na Suid-Afrika.

“Suid-Afrika betuig sy dank aan die regering van Egipte vir die Suid-Afrikaners se veilige deurgang deur die Rafah-grenspos.

“Die Israeliese regering het aangedui dat hy van voorneme is om sy aanval op die mense van Gaza uit te brei. Dit lyk asof die wêreldwye oproepe vir ʼn onmiddellike einde aan die moord op Palestynse burgerlikes nie tot die Israeliese leiers deurdring nie,” het die departement in ʼn verklaring gesê en herhaal dat Suid-Afrika ʼn onmiddellike en permanente wapenstilstand versoek sodat samesprekings voortgesit kan word vir ʼn regverdige en blywende oplossing.

Israel het Maandag sy aanvalle op die militante groep Hamas in Gaza verskerp, slegs dae nadat die wapenstilstand verstryk het.

Die internasionale gemeenskap is egter diep bekommerd oor die groot getal burgerlikes wat in die voortgesette konflik sterf.

Sedert die wapenstilstand Vrydag verstryk het, is die gevegte in Gaza hervat. Vuurpyle is op Israel afgevuur en Israel het op sy beurt lugaanvalle in die Palestynse gebied uitgevoer.

Oor die naweek het dik rookwolke ná lugaanvalle oor die noorde van Gaza gehang.

Israel het Sondag gesê verskeie vuurpyle is uit Gaza gelanseer, maar ook dat die meeste daarvan onderskep is voordat dit Israeliese dorpe getref het.

Israel sê Hamas gebruik hospitale en ander burgerlike infrastruktuur vir militêre doeleindes, maar die militante groep ontken dit.

Ná Hamas se aanval op Israel in Oktober – ʼn voorval wat 1 200 lewens geëis het en waartydens talle mense wat as gyselaars geneem is – het Israel met ʼn vergeldingsaanval op die militante groep begin.

Hamas se departement van gesondheid sê egter meer as 15 500 mense is sedert 7 Oktober in die gebied dood, van wie meer as die helfte vroue en kinders is.

Katar het met die steun van Egipte en die VSA ʼn wapenstilstand tussen die twee partye bemiddel wat toegesien het dat 80 Israeliese gyselaars vrygelaat is in ruil vir die vrylating van 240 Palestynse gevangenes uit Israeliese tronke. Tientalle ander gevangenes is ook uit Gaza bevry.

Gevegte is egter Vrydag hervat ondanks internasionale oproepe vir ʼn verdere verlenging van die wapenstilstand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Sobymykoolkop ·

Het hierdie kommuniste hul uitgespreek toe hamas onskuldige mense verkrag, vermoor, onthoof en babatjies afgemaai het? Nee hulle het saam gejuig.Anders as hamas WAARSKU Israel die palestyne om die gebied te verlaat.Maar almal weet lafhartige hamas gebruik hulle as skilde

Rietbok ·

Wie het dit begin? Wat van die wreedaardige moorde die 7de Oktober?

annie ·

Wat op deeske aarde soek die baie uitlanders, ook Suid-Afrikaners, in Gaza. Daar is geen ekonomie of vakansie-oorde nie. Die inwoners leef van welsynsgeld en -goedere vanuit die buiteland. Staan ons mense nou ook in die toue in Gaza vir nog handevol?

MC ·

Die “mense van Gaza”, “moord op Palestyne” – mensig julle maak my siek met julle eensydige beriggewing en verdraaiings, net soos dit julle pas.

Wit Leeu ·

Oh really, wie gee nou eintlok om ??? Wat soek hulle in Gaza ! Ek sou hulle net daar los.

absoluut ·

Ja julle maak my siek met julle eensydige beriggewing en die ondersteuning van die groep wat die terreur begin het.

domheks ·

Ek is ten volle aan Israel se kant. Wie het begin? HAMAS!!! Nou wil almal opkom vir die terroriste. Net soos ou Pandor – sien en hoor net wat hulle wil sien en hoor.

Waarheid ·

As jy vrede soek dan hou jy nie aan vuurpyle skiet na Israel nie. As jy vrede soek dan bevry jy ALLE gyselaars. Jy doen alles in jou vermoë om vrede te kry….veral as dit gaan om jou “onskuldige kinders en vrouens” te beskerm.

Manie ·

Die inwoners van Gaza is net so dom soos die meerderheid Suid-Afrikaners. Hulle ondersteun beide die verkeerde party.

Althes ·

Indien mense Pro Palestyne is, waarom stel hul nie vir Hamas lede aan die kaak nie? Hamas was immers die agressor op 7 Oktober en is verantwoordelik vir die bloedbad van Gasa en Israel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.