19 vuurwapens van veiligheidsmaatskappy gesteel

Argieffoto

Die polisie in Thoyoyandou in Limpopo het ʼn soektog van stapel gestuur na verdagtes wat by die perseel van die Prelitshi Traders and Security Services ingebreek en 19 vuurwapens en ammunisie gesteel het.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê die inbraak by Tswinga, buite Thohoyandou, is Vrydagoggend ontdek. “ʼn Skoonmaker het ontdek dat daar by die perseel ingebreek is toe sy om 07:30 vir diens aangemeld het. Sy het die eienaar gekontak en die polisie is ontbied.”

Volgens Mojapelo het die inbrekers die veiligheidshek en kluis oopgesaag.

“Al 19 gesteelde vuurwapens was pistole. Die polisie is op die spoor van die verdagtes en ʼn inhegtenisneming sal vinnig volg,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ai tog! ·

Ai tog! Verwyder die slot of vuurmeganisme en bêre op ‘n ander plek. Ja, té veel werk om dit weer aanmekaar te sit.

Johann Buys ·

Sekutiteits maatskappy waar daar in gebreek word sonder dat die alarm afgaan? Iets is nie lekker nie.

Johann Marx ·

As een of meer van hierdie wapens in ‘n aanval of moord gebruik word, word die eienaar van die maatskappy aangekla van aandadigheid? As ek enige van my vuurwapens laat verlore gaan oor my “nalatigheid” word my lisensies weggevat en mag ek nie weer ‘n vuurwapen hê nie!! As ‘n polisieman sy vuurwapen nalatig verloor………gebeur dieselfde? Of word hy maar net weer uitgereik?

Andre ·

Dan word hulle betaal om ander mense se eiendom op te pas as hulle nie na hul eie kan kyk nie? Dit is onaanvaarbaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.