194 aanklagte van bedrog teen finansiële direkteur

(Argieffoto ter illustrasie: Maroela Media)

Prince Nkosinathi Mazibuko (28), direkteur van die Born Rich Group (Edms) Bpk, staan tereg op 194 aanklagte van bedrog, alternatief diefstal, oortreding van die Bankwet, oortreding van die Wet op Finansiële Instellings en oortreding van die Wet op Finansiële Advies en -Tussengangerdienste.

Kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê Mazibuko het tydens Mei en Junie 2015 glo sy slagoffers omgepraat om hul geld in sy maatskappy te belê. “Hy het hulle glo verseker dat hulle ʼn maandelikse profyt van 80% van hul belegging sal ontvang.”

Mazibuko het egter nooit die maandelikse profyt of rente aan die klaers betaal nie. “Die totale bedrag beloop sowat R735 000. ʼn Saak van bedrog is by die Pietermaritzburg-polisiestasie aangemeld en die dossier is na die Valke oorgeplaas vir ondersoek.”

Mazibuko sal na verwagting op 26 Februarie in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Durban verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Flip ·

Mense wat dink hulle gaan 80% per maand profyt maak weet niks van beleggings nie. Hierdie man se “profyt” is selfs beter as MTI Trading wat ook baie dom mense gevang het met hul belofte van 10% per maand…

Casper ·

Ek het net een beleid in die lewe;as iets te goed klink om waar te wees dan is dit nie goed nie.Die lewe is ‘n uitstekende leerskool maar die skoolgeld is moer duur.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.