199 vas oor misdade in JHB

Argieffoto: SAPD / Facebook

Argieffoto: SAPD / Facebook

Altesaam 199 mense is oor die naweek in Johannesburg in hegtenis geneem vir verskeie misdade, het die polisie Sondag gesê.

“Die operasie het Vrydag begin en Sondagoggend tot ʼn einde gekom,” het ao Xoli Mbele, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die persone is in hegtenis geneem in verband met misdade soos die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie tot poging tot moord, kaping, diefstal, besit van dwelmmiddels, winkeldiefstal, huishoudelike geweld, opsetlike saakbeskadiging en aanranding.

“Altesaam 199 persone is in Mondeor, Booysens, Moffatview, Langlaagte, Fairlands, Sophiatown, Brixton en Johannesburg Sentraal aangekeer,” het Mbele bygevoeg. “Meeste van die verdagtes sal Maandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn.” -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.