19de lid van beweerde sindikaat vasgetrek

(Argieffoto)

ʼn 31-jarige man, betrokke by ʼn motordiefstalsindikaat in Gauteng en die Wes-Kaap, is Dinsdag deur die Valke in hegtenis geneem.

Die man is die 19de lid van dié beweerde sindikaat wat die afgelope paar maande in hegtenis geneem is.

Volgens Zinzi Hani, woordvoerder van die Valke, teiken die sindikaat veral Volkswagen Polo-motors in Kaapstad en Johannesburg wat dan met die hulp van staatsdienswerkers verbonde aan die departement van vervoer opnuut geregistreer word.

“In Februarie vanjaar het die Valke agt verdagtes, insluitend die beweerde baasbreine verantwoordelik vir die sindikaat, in hegtenis geneem. ʼn Verdere nege verdagtes van drie verskillende lisensiekantore is later vasgetrek.”

Die 18de verdagte, wat glo die vriendin van die baasbrein in Gauteng was, is op 16 Junie in hegtenis geneem vir haar beweerde betrokkenheid by die sindikaat.

Die 19de verdagte sal na verwagting Woensdag in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Stofdonkie ·

Maar probeer nou wettiglik jou lisensie hernu dan is dit ‘n saak van onmoontlikheid.

Marius Gerhardus ·

Muni bekommerd wees nie….. Die regering gaan hom n Ferrari of iets dergeliks gee met n 5 jaar service plan ten volle betaal en petrol opi belasting betaler. Ergste wat met hom kan gebeur is dat hy die Ferrari sal weer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.