2 beamptes ontslaan ná seksvideo in tronk

Argieffoto

Die departement van korrektiewe dienste (DKD) het twee korrektiewe beamptes van die Ncome-tronk in Vryheid, KwaZulu-Natal, summier ontslaan nadat ’n video verlede maand aan die lig gekom het waarin gesien kan word hoe ’n beampte seksuele omgang met ʼn mansgevangene het.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement, sê die korrektiewe beampte in die video, asook haar kollega wat toegelaat het dat haar kantoor vir die seksuele daad gebruik word, is albei ontslaan ná afloop van ’n dissiplinêre proses.

Die mansgevangene is intussen herklassifiseer na die maksimumgevangenis-kategorie. Hy het voorregte verloor en is na ’n ander fasiliteit oorgeplaas.

Die departement het in ’n verklaring herhaal dat geen seksuele verbintenis of verhoudings tussen beamptes en gevangenes ooit toegelaat of geduld sal word nie.

Nxumalo sê die gedragskode is duidelik in dié verband en daar sal opgetree word teenoor enigiemand wat die kode oortree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Boer

Dit is hoe die staat moet optree. As jy oortree verloor jy jou werk kla!!!!!!!!!!!

Eiervrug

Gee vir haar ekstra werk om ge doen. Sy het obviously te veel tyd op hande…

Hennie J

Nou gaan die gevange seker by die mrk kla dat hy sy spesiale voorregte ontneem is.

Jeff

Net een woord – DISGUSTING.