2 bedank as LP

Collen Maine, leier van die ANC Jeugliga. (Foto: ANA)

Die ANC se Zukisa Faku en Collen Maine, ook leier van die ANC Jeugliga, het uit die parlement bedank, het Pemmy Majodina, ANC-hoofsweep, Vrydag aangekondig.

Volgens Majodina sal Faku se bedanking aan die einde van die maand in werking tree terwyl Maine se bedanking reeds op 5 Julie in werking getree het. Dié bedanking met onmiddellike inwerktreding kom te midde van versoeke dat Maine as president van die regerende party se Jeugliga moet uittree om plek te maak vir ’n jonger generasie.

Faku se setel in die parlement sal ingeneem word deur haar naamgenoot Princess Faku van die Oos-Kaap terwyl Maine deur Renay van Schalkwyk vervang sal word.

Van Schalkwyk sal reeds Dinsdag ingesweer word.

Majodina se kantoor het sy dankbaarheid vir albei se diens as openbare verteenwoordigers vir Suid-Afrikaners asook die ANC in die parlement benadruk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Chris du Preez ·

Ons sal later lees van ondersoeke van korupsie teen hulle

koos1 ·

Ek dink Cyril het hulle vertel dat daar bietjie gewerk moet word.

fred ·

ek is nou verwar….jeugliga wat vir jongere moet plek maak??????
hoe oud is die JEUGliga?????almal lekker cosy jobs

Hasie ·

Wonder nou wie is die van Schalkwyk koekie, nog nooit van haar gehoor nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.