2 betrap in besit van olifanttande

Die olifanttande waarop beslag gelê is. (Foto: Verskaf)

Twee mans sal na verwagting Woensdag in die landdroshof in Kempton Park verskyn vir die onwettige besit van en handel in olifanttande.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, sê in ’n verklaring ’n operasie is Maandag by Emperors Palace naby Kempton Park uitgevoer. Dit nadat die polisie inligting ontvang het oor twee mans wat na bewering olifanttande in die omgewing verkoop.

Die verdagtes se motors, ’n Ford Figo en ʼn Audi Q5, is deursoek en die owerhede het op vyf olifanttande afgekom. Dié olifanttande was toegedraai en tussen bagasie versteek.

Een van die motors waarop beslag gelê is. (Foto: Verskaf)

Volgens Mulamu het die olifanttande ongeveer 45 kg geweeg met ʼn geraamde straatwaarde van R1,2 miljoen.

Die mans word aangekla ingevolge die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur en Biodiversiteit (Nemba).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Cornelius daniel ·

By Parkeraad koop jy wettige Ivoor vir so R1000 per KG. die tande het seker goue stopsels in om R1.2 mil werd te wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.