Tien beseer in twee botsings, kilometers van mekaar

Die nooddienste Saterdagnag by die vierrigtingstop op die R546 in Embalenhle. (Foto: ER24)

Hierdie berig is gewysig sedert dit aanvanklik gepubliseer is.

Paramedici is Saterdagnag twee keer in die omgewing van ʼn kruising op die R546 in Embalenhle, naby Secunda in Mpumalanga, ontbied nadat twee afsonderlike botsings enkele kilometer van mekaar plaasgevind het.

Altesaam tien mense is in dié ongelukke beseer.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, sê twee VW Polo’s het omstreeks 21:45 by die vierrigtingstop op die R546 gebots. Sewe mense, onder wie kinders, is in dié botsing beseer.

Campbell sê paramedici van ER24 het twee vroue en drie kinders tussen drie en tien jaar oud – almal insittendes van die een motor – met ligte beserings na ʼn hospitaal vervoer.

Een volwassene en ʼn kind van die ander motor het ook ligte beserings opgedoen en is deur ʼn ander ambulansdiens na die hospitaal vervoer.

Volgens The Bulletin het nóg ʼn botsing vroeër die aand omstreeks 18:00 enkele kilometer van dié betrokke kruising op die R546 gebeur.

ʼn Volkswagen Polo en ʼn Kia het gebots nadat die Kia glo versuim het om by die stopstraat stil te hou. Drie mense het matige beserings in dié ongeluk opgedoen.

Paramedici van ER24 het die bestuurder van die Polo na ʼn hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling. Die bestuurder van die Kia was in die wrak vasgekeer en is deur die brandweer bevry voordat hy deur ʼn staatsambulans na ʼn hospitaal geneem is.

ʼn Passasier in die Kia is ook beseer en na ʼn hospitaal geneem.

Beamptes was op albei ongelukstonele besig om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Pietertjie ·

Botsing net ná middernag? Lyk my die inperkings-regulasies werk net vir mense met ore. En met gesonde verstand.

Sarel ·

Wat veroorsaak ‘n kop aan kop botsing anders as
Menslike nalatigheid

Johan ·

Nee net vir party mense…die wat ook nie regtig kwesbaar is vir covid nie. Dit is ook net v die wat die ekonomie aan die gang moet hou en wat omkoopgeld kan betaal.

Jr ·

Hier in Carletonville kom sit by ons kruisings ( groot kruisings). Binne n half uur wat ek cell foon gevideo het nie minder as 23 karre, 15 van hulle taxis het glad nie gestop. So twee ongelukke in 2 ure is n verskriklike verbetering en ‘n kerf op die kolf vir mini star van transport of so hy dink. Video gegee vir verkeers dept maar ons enigste grys speedkop ( ander sien jy net by minisipale begrafnisse) sal niks kan doen nie want hy het nie voete net n kamera gesig)

Anel ·

Ek was onder die indruk dat daar ‘n aandklokreël is. So hoekom is hulle nie gearresteer en moet Maandag in die hof verskyn nie? Of is die reël net op sekeres van toepassing, of net in sekere provinsies?

Jan ·

Lyk vir my mense het nou maar net nie ore nie.Inperking of klok reel is vir nie voels

Nie Verbaas ·

Niks word gese of iemand gearresteer is oor laataand kapperjolle nie maar ons almal weet dat inperkings maatreels net vir sekere etnisiteite geld. Wonder of almal nugter was.

Jr ·

Sal definitief nie my laaste geld wet op dit nie, want dan is ek arm

Veronika ·

Wat het hulle almal op straat gedoen , dit was al na regulasie tyd en nogal met kinders ook by??

Belinda ·

Wel ek baklei amper elke dag met mense wat n stopstraat onder in my straat altyd “”skip””.. ek bly in boksburg naby n engelse skool en taxis met klein kindertjies ry net. Ek vloek die rook uit hulle uit want hulle stel nie net ons lewens in gevaar omdat hulle dit doen as ek by die stopstraat is nie, maar ook die kindertjies sn, en al wat hy kan se is sorry… ek se vir hom, ek worry nie oor jou (drywer) nie maar die kindertjies se ouers vertrou dat hy hul veilig by die skole moet bring. Hulle het net geen respek vir mense se lewens nie.

NuusUil ·

Daai is n gerugte 4 rigting stopstraat . En nee daai buite dorp het geen reëls of regulasies nie . Dis letterlik 20 km van ons af . Maar dis nie al een wat n probleem is nie ons het nog een wat gerug is . Al hoeveel lewens geeis . More oormore wil hulle die pad opbreek want so of so maar hulle verontagsaam alle padreels . N taxi wou my n week terug op n draai verbysteek met aankomende verkeer . Ek het geweier dat hy my en my kinders se lewe in gevaar stel .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.