2 casino’s heropen nie ná afsondering

Die Carousel Casino (Foto: Facebook)

Sun International het bevestig dat die Naledi Casino in Thaba Nchu in die Vrystaat en die Carousel Casino buite Pretoria nie gaan heropen wanneer die algehele landwye afsondering opgehef word nie. Albei casino’s het volgens die hotelgroep onderpresteer.

Anthony Leeming, uitvoerende hoof van Sun International, het in ’n verklaring gesê albei casino’s het die afgelope paar jaar al meer onkoste en al minder omset aangeteken. In die lig van die negatiewe ekonomiese uitwerking van die afsondering op maatskappye is daar eindelik besluit dat daar geen ander alternatief is as om albei casino’s te sluit nie, het Leeming gesê.

“Ons het aanvaar dat die owerhede geen ander keuse gehad het as om ’n afsonderingstydperk te implementeer nie gegewe die ongekende krisis waarmee Suid-Afrika te doen het. Die onvermydelike finansiële las wat dit op ons plaas, het egter ʼn invloed op ons vermoë om voort te gaan met subsidiëring van onderpresterende eiendomme. Dit was binne hierdie konteks wat ons die uiters moeilike besluit moes neem om albei eiendomme permanent te sluit,” het Leeming gesê.

Volgens Leeming toon Naledi Casino ’n paar jaar al nie meer enige wins nie en Carousel Casino word ook reeds geruime tyd teen ’n verlies bedryf.

Sun International het reeds die betrokke vakbonde en werknemers genader om die proses te begin, het Leeming bevestig.

Naledi Casino het in 1989 geopen en Carousel Casino in 1991.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Ronel ·

Die begin van besighede wat toemaak en nog meer werkverliese in die onstuimige tyd.

Michael 1 ·

Ek sien niks fout daarmee nie,ek hoop sars maak ook toe….lol

Strandloper ·

Verbeel ek my of is Suid Afrika nie ook toe nie…of is dit net die anc…

Yvonne ·

Tienie…ek ook nie maar wel baie ellendes ervaar…..hulle mag dalk werkskep maar daar is waar dit vir my eindig…jammer vir mense wat daar gewerk het

Willem ·

Dis net die begin, maak einlik nie saak wat besigheid doen nie. Werkers verloor werk dis n nagmerrie vir SA.

charmaine ·

Finansieel kan mense nie meer bekostig om geld op so n manier te mors nie ek ek dink dis ook net gevaarlik veral om na Corousel te ry kan n mens nie meer doen 28 jaar terug het ons altyd saam my skoonouers gegaan en soos middernag teruggekom Pretoria toe nou kan jy nie dit glad nie meer doen nie.

ZeldA ·

Nee dalk nie maar die vrou wat in die kombuis werk het kinders wat sy moet kos koop en nou haar inkomste kwyt. Net om een voorbeeld te noem.

Kerneels ·

En wat van die gesinne wat finansiëel geruïnieer is deur dobbel? Wie sorg vir daardie kinders?

Vlekkie ·

Groot maatskappye soos Sun International… wat gaan nou van daardie majestieuse asemrowende geboue word? As Sun Intern dit nie gaan omskep in iets anders nie sal dit gou gou n plakkerskamp word hoekom nie, in samewerking met die staat, open n kinderhuis. Of n plek vir haweloses? Of nog beter.. hoekom bestuur Sun die projek nie self nie?

Johan ·

Dit is al wat die tweede fase imperkings gaan regkry…nog onomkeerbare skade aan ons ekonomie. Vir die eerste keer steur iemand hulle aan die anc se belaglikke reëls, seker elke kommunis se droom.

Leonard ·

Soos Jesus gedoen het & die dobbelaars se tafels omgekeer het! Amen

Jaco ·

dis net die begin. na inperking gaan die een wit besigheid na die ander ook vou. ek dink dit was in elk geval die eintlike doel met die inperking.

Jack ·

Mense moet maar weet dat as die dobbelhuise nie meer geld maak nie dan gaan dit beroerd met die ekonomie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.