Die Valke in die Noord-Kaap is op soek na inligting wat tot die inhegtenisneming kan lei van ʼn verdagte wat gesoek word in verband met gelddiefstal in Kuruman.
Kapt. Philani Nkwalase, provinsiale woordvoerder van die Valke, het Dinsdag gesê die verdagte, van wie ʼn foto bekend gestel is, het glo op 8 Desember 2016 om 06:00 saam met nog ʼn verdagte by die Fidelity Security-gelddepot in Kuruman opgedaag en hulself glo as veiligheidsbeamptes voorgedoen.
“Die twee het gemaak of hulle beamptes van ʼn ander veiligheidsmaatskappy is wat geld kom oplaai het om te vervoer. Hulle is toegang tot die perseel gegee en toegelaat om geld ter waarde van R9 miljoen op te laai,” het Nkwalase gesê.
Nkwalase het gesê die diefstal is eers later uitgevind toe die amptelike veiligheidsbeamptes daar opgedaag het om die geld op te laai.
Enigiemand wat die man herken of inligting het wat die Valke in hul ondersoek kan bystaan, word versoek om Crime Stop by 08600 10111 te skakel. Alle inligting sal streng vertroulik hanteer word.
Nog ‘n lekker “inside job”.
Dis verseker ‘n inside job, want hoe kan jy toelaat dat ‘n ander maatskapy jou geld kom haal?
Lekker amper weer kersfees……
Die oudste triek in die boek.
Elke veiligheidswag moet sy vingerafdruk gee voor hy geld neem met veiligheid kammeras wat oorhandiging afneem.
Ek stem saam – 8 Desember? Hopelik het die diewe hulle nie gedra soos ‘n sekere student nie, want anders is daar teen hierdie tyd niks meer van daai geld oor nie!
whahahahahah ……………. Nou waarom wag hulle 8 maande voor hulle hulp vra? Die ouens is laaaaaaaankal land uit en allie geld is geblaas. Of dink hulle die diewe gaan dit iewers bere en vir dit sit en kyk??
Is dit n April grap asseblief ? komaan ek hoef nie eens in my kristalbal te kyk wat hier gebeur het nie dit is n SIRKUS !!!!
Hoekom is dit nou eers in die nuus? Dis al amper ‘n jaar terug. Of het iemand nou eweskielik agtergekom R9 Mil is weg
al wat dit op neer kom swak bestuur en as dit so maklik kan gebeur dit laat jou lag net in suid afrika die grap paradys van die wereld
Dis tenminste beter as die skelms wat die wagte doodskiet.