2 dood, 11 vas ná polisieklopjag

Argieffoto

Twee verdagtes is vanoggend vroeg in ’n skietgeveg met die polisie in Nkandla in KwaZulu-Natal doodgeskiet.

Brig. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes het gereageer op ʼn wenk oor ʼn moontlike rooftog in die area wat hulle ontvang het.

Die polisiebeamptes het omstreeks 01:30 drie voertuie voorgekeer waarna ʼn skietgeveg tussen die polisiebeamptes en die verdagtes in die voertuie uitgebreek het. Twee verdagtes is in die kruisvuur doodgeskiet.

Volgens Naicker het een van die voertuie omgeslaan toe die bestuurder van die spesifieke motor op die vlug wou slaan. Die insittendes is egter aangekeer nadat die voertuig omgeslaan het. Een van dié verdagtes het ernstige beserings in die voorval opgedoen en is sedertdien onder polisiebewaking in ʼn hospitaal. Vier van sy makkers het ligte beserings opgedoen.

Die polisie het altesaam 11 verdagtes, tussen die ouderdomme van 29 en 49 jaar oud, tydens die klopjag in hegtenis geneem. Daar is ook op vyf vuurwapens en ammunisie beslag gelê. Later is daar ook op plofstof in die voertuie afgekom. Die voertuie is ná die voorval geskut.

Die verdagtes sal Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklagte van poging tot moord, die besit van plofstof sowel as die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie, het Naicker gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Christa fredrikson ·

Die beseerde of sy familie moet betaal vir mediese kostes nes ander wat in misdaad beseer word.

Krisjan ·

Die SAPD laat waai met operasies en terselfdertyd n hengse PR veldtog. Kom ons kyk hoe lank hulle dit kan volhou- ek hoop van harte hulle kan volhou.

Mm ja nee ·

Daar is geen meer respek teenoor die wet nie, ek haal my hoed af vir die polisie manne wat hierdie “cowboys” aftrek en hulle weet daar kan enige oomblik op hulle geskiet word… Wonder ook hoe lank hulle die momentum gaan hou met al die “operasies”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.