2 dood, 15 beseer in Jhb-ongeluk

(Foto verskaf deur ER24)

ʼn Man en ʼn vrou is dood en 15 beseer ná ʼn ongeluk Sondagmiddag op die Golden Highway in Naturena in die suide van Johannesburg.

“Paramedici het omstreeks 14:30 by die toneel opgedaag. ʼn Taxi het langs die pad omgeslaan en ʼn bakkie het oor die middelste versperring van die pad gestaan,” sê Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24.

“Twee mense het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Vyftien persone het geringe tot matige beserings opgedoen.”

Die pasiënte is op die toneel ondersoek voor hulle na hospitale geneem is vir verdere behandeling.

Die omstandighede rondom die ongeluk is nog nie bekend nie. Owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Samuel ·

Daar moet altyd ‘n taxi betrokke wees by noodlottige ongelukke.

ES ·

Jy kan maar weet, as daar ‘n taxi betrokke was dan was padreels en spoedreels verontagsaam.

Di ·

Dis kommerwekkend hoeveel Taxi’s deesdae betrokke is in padongelukke. Dis tyd dat die regering iets doen hieraan. Meeste Taxis drywers volg GEEN padreels nie en kom weg daarmee. Die regering moet blameer word vir hierdie wetteloosheid, hulle het hierdie monster geskep.

Swerwer ·

Die pad lyk nat so die skuldige party sal dit weer toeskryf aan die weersomstandigehde en dat die pad nat was…………………..en natuurlik is daar weer ‘n Taxi betrokke

Waarnemer ·

Dit raak nou regtig tyd dat hierdie taxi bedryf tot niet gfmaak word.Bring die treine en busse terug soos van ouds.

Di ·

DIT sal nooit gebeur nie – Hulle sal hierdie land afbrand. Kyk maar net hoeveel geweld onder taxis uitbreek en hoe busse en treine verwoes word om te verseker dat hulle meer geld maak. Ons regering het hierdie monster geskep en sal dit NOOIT tot niet kan maak nie

Maritza ·

“Die omstandighede rondom die ongeluk is nog nie bekend nie”

Dink ons almal weet wat die omstandighede was, roekelose taxi wat die pad reels verontagsaam want hulle dink mos hulle is gekroonde wild

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.