Twee mans is dood en 15 ander mense beseer toe ʼn taxi en ʼn bakkie gebots en daarna by ʼn heuwel afgerol het.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het op Ntunjambiliweg in Kranskop in KwaZulu-Natal plaasgevind.
Die bakkie en die taxi is aan die onderkant van die heuwel aangetref.
“Die liggame van twee mans was binne die bakkie vasgekeer. Ongelukkig het albei mans reeds aan hul beserings beswyk. Hulle is op die toneel dood verklaar,” het Meiring gesê.
Volgens hom is 15 ander mense gering tot matig beseer.
Hulle is op die toneel behandel en na nabygeleë hospitale vervoer vir verdere behandeling.
Die polisie ondersoek die voorval.
Hoekom altyd kaapstad en ander plekke wat van gauteng
Helder oor dag.Nou wat het wie aangevang om die ongeluk te veroorsaak?Kan hulle nie kyk wat maak ander voertuie of dalk hulself nie??Minister van Vervoer,Joe ,WORD NET WAKKER MAN!
Stem saam met Chris dat Minister van Vervoer wakker moet word – weereens `n stokou “Skorro skorro” Toyota wat jare gelede al vernietig moes gewees het met die taxi herkapitalisasie program.
Hey…! Lossie Toyotas uit, okay!
Die slagting op die paaie duur net voort en alewig is dit net taxis maar almal is te bang om iets hieromtrent te doen.