Twee mense is dood en 19 beseer toe ʼn motor en ʼn minibustaxi Donderdag op die N2-hoofweg in Umgababa in KwaZulu-Natal gebots het.
Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê talle van die beseerdes het by die aankoms van die nooddienste op die toneel buite die motorwrakke gestaan.
Meiring sê die liggaam van die taxibestuurder was glo in die voertuig vasgekeer. ʼn Passasier in die motor was ook reeds dood.
“ʼn Voorlopige ondersoek het bepaal dat die beserings wissel van matig tot kritiek,” sê hy. “Al die passasiers is onmiddellik behandel en daarna na hospitaal gehaas.”
Die botsing het die verkeer in ʼn suidelike rigting vir etlike ure tot stilstand gebring.
Meiring sê plaaslike owerhede was op die toneel om die ongeluk te ondersoek.
In meeste van die ongeluke wat plaasvind is ‘n taxi betrokke, maar hoekom? Daar is geen respek vir padveiligheid en toepassing van reels. Hul motto is mos: “I can drive/stop how i want to, where i want to and when I want to”
Ek stem volkome saam met jou, hier in Gauteng het ons ook daardie probleem
Daar is wette en reels. Die probleem is dat die wetstoepassers nie hulle werk doen en die skuldiges vastrek nie. Hoe minder die wet toegepas word, hoe meer ongelukke en probleme gaaan ons he. Kom wetstoepassers, doen bietjie julle werk.
die taxis is altyd betrokke omrede geen dissepline bestaan vir hulle nie. Hulle wil oral aan bewind wees al is hulle nie bevoeg nie, So het die natuur sy eie manier om hulle, te verminder
Die meeste van die tyd is n taxi betrokke ,seker hoekom australia sy mense waarsku om nie n minibus taxi te ry nie
??