2 dood, 2 beseer in Boksburg-ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

Twee mense is Sondagoggend dood en twee beseer nadat hulle motor teen ʼn betonversperring gebots het in Boksburg aan die Oos-Rand.

William Ntadi, woordvoerder van die Ekurhuleni-rampbestuurdienste, het gesê die ongeluk het omstreeks 04:00 Sondagoggend op die hoek van Konig- en Jubileeweg plaasgevind. Volgens Ntadi is twee mense op die toneel dood verklaar.

Ntadi het gesê die twee ander mense is in ʼn ernstige maar stabiele toestand. Hulle is op die toneel behandel voor hulle na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere mediese sorg.

“Volgens ons inligting was daar vyf insittendes in die motor maar daar was egter geen teken van die vyfde persoon op die ongelukstoneel nie,” het Ntadi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.