2 dood, 20 beseer in Durban-botsing

Die ongelukstoneel. (Foto: Rescue Care)

Twee mense is dood en 20 beseer toe ʼn motor en ʼn bus Woensdagoggend in Durban gebots het.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care-nooddienste, het gesê die ongeluk het omstreeks 06:00 op die hoek van Umbilo- en Hillierweg in Umbilo in die stad plaasgevind.

Volgens Jamieson is paramedici vanoggend na die ongelukstoneel ontbied waar hulle “totale chaos” aangetref het.

Die motor en bus het teen mekaar gebots waarna albei voertuie op ʼn sypaadjie tot stilstand gekom het. Twee insittendes van die motor was in dié wrak vasgekeer en albei is op die toneel dood verklaar, het Jamieson gesê.

Twintig passasiers van die bus het beserings in die voorval opgedoen en is op die toneel behandel voordat hulle na verskeie plaaslike hospitale gehaas is vir verdere mediese behandeling.

Meer inligting is nie bekend nie. Die toepaslike owerhede was op die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

nella ·

Ek dink in vandag se dae kan mens ons ambulansdienste, branweermanne, polisie en almal wat sò hard werk met al die chaos wat in diè land aangaan. Baie dankie, Ek saluut julle!!!!

Cherokee ·

Een van my werkers op pad werk toe daar verby gery en daarvan vertel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.