Twee mense is dood en 22 ander beseer nadat ’n bus vanoggend (Maandag) in die Kranspoort-omgewing naby Middelburg in Mpumalanga omgeslaan het.
Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, sê in ’n verklaring paramedici is ná 09:00 na die toneel ontbied waar hulle die omgeslaande bus aangetref het.
Twee mense, ’n man en ’n vrou, het noodlottige beserings in die voorval opgedoen en is op die toneel dood verklaar.
Volgens Van Huyssteen is 22 ander op die toneel behandel voordat hulle na hospitale geneem is vir verdere mediese behandeling.
Die voorval is een van verskeie waar mense oor die langnaweek op Suid-Afrikaanse paaie gesterf het.
In Pinetown in KwaZulu-Natal is twee mans dood en ’n ander beseer nadat hulle vanoggend in die vroeë oggendure in ’n motorongeluk op die M1-Richmondweg in Marianhill betrokke was.
Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, sê die motor het van ’n steil wal van sowat 50 m afgery en aan die brand geslaan.
Een van die insittendes kon daarin slaag om uit die motor te spring en terug na bo te kruip om hulp te ontbied. Twee ander, vermoedelik in hul 20s, het egter in die voorval omgekom.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Kranspoortpas is n doodspas. Gereeld nootlottige ongelukke in die pas en veral nou met mense wat op na die Noorde is. Na die padwerke is Kranspoortpas meer n ren baan.
Is dit nog n’ Goverment ge borgte buss diens soos Putco. Dan is daar ergte geen eiese of verantwoording vir die passesiers nie.