2 dood, 3 beseer buite Secunda

Foto: ANA.

Twee mans is dood en drie ander is beseer in ʼn trompop botsing in Mpumalanga.

Die voorval het Saterdag in die vroeë oggendure op die R546 buite Secunda plaasgevind.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê een voertuig is in die middel van die pad aangetref en die ander een aan die kant van die pad.

“By nadere ondersoek is die liggame van twee mans in een van die voertuie aangetref. Albei is op die toneel dood verklaar.”

Drie ander mans is op die toneel aangetref met matige beserings. Hulle is op die toneel behandel en daarna na die Evander- provinsiale hospitaal vervoer vir verdere behandeling.

Die presiese omstandighede rondom die voorval is nog nie duidelik nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jaco ·

Om ENIGE voertuig (groot of klein ) so te verfrommel verg BAIE groot kragte. Verwys hier na die toerusting om die motor in die eerste plek te skep.
Die verwoesting en bydraende lewensverliese hier dui vir my op belangrike aspekte nl. Die ignorering of nie-nakoming van bekende verkeersregulasies insluitend baie spesifiek te hoë spoed.
Ek sal my weerhou van verdere kommentaar wat sekerlik nie onvanpas sou wees nie

Koos de Meyer. ·

Die soliede wit lyne is apartheid streepe, ons ignoreer dit, daarmee saam dronk bestuur, spoed onpadwaardige voertuie, onbevoegte bestuurders. Ek koop mos my lisensie. En so maak ons onskuldige mense dood.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.