Twee mense is dood en drie ander is beseer toe ʼn skieter Vrydagaand vanuit ʼn bewegende motor op ʼn groep mense losgebrand het.
Shawn Herbst, Netcare-woordvoerder, sê die voorval het in Uittogstraat in Brakpan aan die Oos-Rand plaasgevind.
Volgens ʼn verslag van die toneel het ʼn groep mense buite gestaan toe die insittende in die verbygaande motor ʼn klomp skote afgevuur het.
“Twee mense is noodlottig beseer en dood verklaar. Twee ander mense het ernstige beserings opgedoen en een persoon is in ʼn kritieke toestand,” sê Herbst.
Die beseerdes is met lewensondersteunende middels behandel. Al drie beseerdes is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas vir dringende mediese behandeling.
Meer inligting oor die voorval is nie bekend nie. ʼn Polisieondersoek is van stapel gestuur.
Onder berig dui dit aan “Oos-Kaap” maar in berig is dit “Oos-Rand”