2 dood, 4 beseer in vroegoggendbotsing

Die ongelukstoneel. (Foto: Netcare 911)

Twee mans is dood en vier ander beseer in ʼn botsing Woensdag vroegoggend op die N1-snelweg suid van Polokwane, Limpopo.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die botsing tussen twee ligte afleweringsvoertuie het omstreeks 04:45 plaasgevind.

Volgens Herbst het twee mans veelvuldige beserings tydens die botsing opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

Drie ander passasiers is met ernstige beserings na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas. ʼn Vierde passasier het minder ernstige beserings opgedoen, maar word ook in ʼn hospitaal behandel.

Owerhede was op die toneel om die oorsaak van die botsing te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Delia ·

Ons ry die N1 gereeld. Die slagting sal nooit end kry voordat bestuurders nie respek vir mense lewens kry nie. Motors kyk hoe vinnig hulle voertuie kan ry en vragmotors wat n beperking het van 80km jaag teen 120 en neem ander vragmotors verby om eerste “ek -weet -nie -waar -te -wees. Voertuie is onpadwaardig. Die padwerke kom nooit klaar. Die gras groei al rondom al die toerusting en geen padwerker word daar gesien nie…nooit nie. Weet nie wat het geword van zero-tolerence wat verklaar is na n klomp vroeer sterftes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.