2 dood, 4 beseer toe bakkie rol

Die ongelukstoneel. (Foto: ER24)

Twee mense is dood en vier ander beseer nadat ’n bakkie Dinsdagmiddag in Centurion gerol het.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is kort na 12:00 na die ongelukstoneel ontbied waar hulle die bakkie langs die pad tussen Gerhardsville en Diepsloot aangetref het.

Volgens Van Huyssteen het pasiënte verspreid oor die toneel gelê.

Twee mense het noodlottige beserings in die motorongeluk opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

Twee ander het ernstige beserings opgedoen en is per helikopter na ’n nabygeleë hospitaal vervoer. Nog twee het matige beserings opgedoen en is per ambulans na die hospitaal vervoer.

Die omstandighede van die ongeluk is nie in die stadium bekend nie.

Die toepaslike owerhede was op die toneel om ondersoek in te stel, het Van Huyssteen gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Charlene Bekker ·

Ek ry daardie pad elke dag en sien dit elke dag. Die mense dink dit is n resiesbaan. Steur hulle nie aan sperstrepe nie, en vat lelike kanse om verby te gaan. Moes al self baie hard rem of uitswaai van die pad af om kop aan kop botsings te vermy. Sal nie verbaas wees as hierdie die geval was nie.

se maar net ·

Ek het nog altyd gedink jy is eers ‘n pasient nadat jy in die hospitaal opgeneem is. Op ‘n ongelukstoneel word gewoonlik van beseerdes gepraat…

stem saam ·

Se maar net:: jy is reg, pasiente is of siek by die huis of n die hospitaal. Anders is dit beseerdes

Hansie ·

Soos ek die storie lees, was ER24 op die toneel, en het na die beseerdes gekyk, dus word hulle status pasiente, wat in die geval die hele pad vol gele het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.