2 dood, 4 in wrak vasgekeer ná botsing

Foto: Verskaf deur ER24.

Twee mans is Vrydagoggend dood en vier ander mense beseer ná ʼn trompop botsing op die N1-hoofweg sowat 10 km buite Musina in Limpopo.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê hul paramedici het saam met ander nooddienste by die toneel opgedaag en ʼn sportnutsvoertuig in die linkerkantste baan van die hoofweg aangetref terwyl ʼn taxi aan die teenoorgestelde kant van die pad tussen bosse gestaan het.

“Paramedici het by nadere ondersoek vasgestel dat die sportnutsvoertuig in vlamme uitgebars het. Motoriste wat verby die toneel gery het, kon daarin slaag om die vlamme te blus voor die paramedici nog daar aangekom het,” het Meiring gesê.

Paramedici het twee insittendes binne die sportnutsvoertuig ondersoek en bevestig hulle het verskeie noodlottige beserings opgedoen. “Daar was niks wat ons vir hulle kon doen nie en hulle is dood verklaar.”

Meiring verduidelik dat daar nog vier insittendes binne die voertuig vasgekeer was. “Al vier pasiënte was in ʼn kritieke toestand.”

Die beseerdes moes met meganiese toerusting uit die wrak van die voertuig bevry word. Hulle is per ambulans na Musina se provinsiale hospitaal geneem vir verdere mediese sorg.

Die bestuurder van die taxi is matig beseer en ook na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer.

Die polisie ondersoek die voorval.

Foto: Verskaf deur ER24.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Pieter ·

Stem volkome saam, taxi op linkerkant getref en ander voertuig van voor.

Frikkie ·

Dit is so jammer, maar respek vir pad reëls bestaan mos nie meer. Sien daagliks die ouens wat eenvoudig verby gaan op sper strepe. Stop by n rooi robot en kyk hoeveel deur daai rooi lig jaag

Penellope Jones ·

Iemand was in die pad van die ander voertuig – is daar fout met skattingsvermoe, is dit ‘n saak van ag nee wat, ek sal dit maak, of gewoon net (opsetlike) onverskilligheid.

Frikkie ·

Kom bietjie Umhlanga toe en kom kyk hoe verontagsaam die algemene motorist, geregsdienaars en sekuriteits voertuie van die kruisings. Ek het al verskeie kere gesien “near misses” Mense het net nie meer respek vir pad reels nie. Dan kom onskuldige mense in ongelukke of ander sterf agv daarvan.

Andre Pretorius ·

Geen dorp is erger as Kuruman nie. Selfs die stop tekens word verwyder. Stop strate: Sperstrepe, geel eilande, aankomende verkeer. Geen probleem, hier ry hulle soos hulle wil, en dis nie beperk tot taxis nie.

Nani ·

Mense het oor die algemeen net nie meer respek vir sy medemens nie.

Pieter van Niekerk ·

Dit is ‘n duidelike gebrek aan verantwoordelikeheidsin. Vorm deel van opvoedingsnorme van mense wat vir niks omgee nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.