2 dood, 8 beseer toe bakkie rol

Foto: ER24

Twee mense is Vrydagoggend dood en agt ander beseer toe ʼn motor naby Sasolburg in die Vrystaat van die pad gerol en ʼn kragtoring getref het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is om 03:10 na die toneel langs die R57 ontbied. By hul aankoms dar het hulle paramedici van die provinsiale nooddienste reeds op die toneel aangetref.

“Die bakkie het op sy dak teen die groot hoogspanningskragtoring gelê. Twee mense was gedeeltelik onder die bakkie vasgepen en het reeds aan veelvuldige beserings beswyk. Hulle is op die toneel dood verklaar,” het Meiring gesê.

Agt ander mense is op die toneel vir geringe tot ernstige beserings behandel. Hulle is daarna na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling.

Plaaslike owerhede was op die toneel om verdere ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.