2 dood, 9 gewond in skietery buite Pretoria

(Argieffoto: SA Polisie)

Twee mense is dood en nege ander gewond in ʼn skietery Sondagaand by ’n byeenkoms in Soshanguve, noord van Pretoria.

Kapt. Stephen Maluleka, polisiewoordvoerder, het gesê die voorlopige ondersoek dui daarop dat ses gewapende mans omstreeks 21:30 by ’n plek bekend as Small Lodge in die omgewing toegeslaan en blindelings op mense losgebrand het.

Die verdagtes het ná die skietery in ’n silwer Toyota Avanza en wit Mercedes-Benz op die vlug geslaan en is sedertdien soek.

“Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die motief vir die wrede moord en die skietery bly onduidelik.”

Die motief vir die skietery maak deel uit van die polisieondersoek.

Kol. Stephina Nkosi, bevelvoerder van die Rietfontein-polisiestasie, het intussen opdrag gegee dat alle hulpbronne dringend gemobiliseer word om die verdagtes vas te trek.

Die polisie in Rietfontein doen ook ’n beroep op die publiek om enige inligting rakende die voorval by 012 432 7806 of die Misdaadstopnommer by 0860010111 aan te meld.

Dié voorval volg enkele ure ná ’n soortgelyke voorval in Van Stadensrus in die Vrystaat.

Maroela Media het vroeër vandag berig tien mense is gewond toe verdagtes net ná 19:00 lukraak op klante in ’n taverne in die omgewing van Van Stadensrus losgebrand het.

Dié verdagtes is ook steeds soek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Pieter J ·

Miskien moet ons mister van polisie vir ons statistieke verskaf oor hoeveel van hierdie tipe voorvalle word met wettig gelisensieerde wapens uitgevoer. Hy stel mos glad nie belang om teen onwettige vuurwapens op te tree nie maar is voortdurend besig om wetsgehoorsame burgers se wettige wapens te teiken en hulle sodoende weerloos te laat teen geweld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.