2 dood ná chaos weer in Jhb-middestad uitbreek

Foto: JMPD

Twee mense is dood nadat geweld Sondag weer in die Johannesburgse middestad uitgebreek het.

Supt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig iemand is Maandag in die vroeë oggendure in Malvern doodgeskiet.

Dit volg kort nadat ʼn ander mens Sondagmiddag in die omgewing van die MTN-taxistaanplek met ʼn skerp voorwerp doodgesteek is, het brig. Matahapelo Peters, woordvoerder van die polisie, gesê. Volgens Peters is die oorledene ʼn 30-jarige Suid-Afrikaner.

“Vyf mense is beseer en na hospitale geneem vir behandeling.” Volgens Peters is minstens 17 verdagtes reeds in hegtenis geneem in verband met die jongste geweld. Altesaam 16 van die verdagtes is vir openbare geweld in hegtenis geneem terwyl die ander verdagte in hegtenis geneem is vir die afvuur van ʼn vuurwapen in die openbaar.

Maroela Media het vroeër berig hordes mense het Sondagoggend na Jeppestown gestroom om na Mangosuthu Buthelezi, stigter van die IVP, te luister wat hiér die gehoor sou toespreek.

Talle het egter kort nadat Buthelezi begin praat het, uitgestap en die strate ingevaar. Van die mense het knopkieries by hulle gehad en begin dreunsing terwyl hulle die strate ingevaar het.

Verskeie ondernemings het deurgeloop en die polisie het met skokgranate en rubberkoeëls die skare uitmekaar probeer dryf.

Maroela Media verneem die geweld duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

KrokodilBotha ·

Waarom al die nonsens in Johannesburg ? Meeste daar het gestem vir n Een Suid Afrika vir almal. Pretoria ook. Hallo DA kom in, verduidelik asseblief iemand.

KrokodilBotha ·

Wanneer die polisie met klippe en petrol bomme bestook word, moet hulle koes en half rounds gebruik, dis waarom. Sou beter wees as polisie klippe terug gooi, en rubber koelkies spaar vir oefeninge. Dis nou wanneer sommige nie net monitor nie.

Zettie ·

Die weermag is vinnig na sekere bende geteisterde gebiede in SA ontplooi, maar in JHB seevier misdaad en geweld lekker………just another day in SA.

Vita ·

Mense hier sit iemand agter al die geweld, om die regering omver te gooi, dalk van die ANC se eie mense , hulle like almal van CR nie

Jan ·

Ons seil op ‘n skip sonder ‘n kaptein
Ons seile is geskeur, en dit lê in puin
Die matrose is dronk, die matrose is dronk
En almal sit en wag vir die dodelike vonk

Jef ·

Die ellende wat in Johannesburgse middestad afspeel haal verreweg nie die nuus in sekere europese lande nie, dis maar net gewone onluste onder mense.
Maar sodra die VN hulle met die kwestie gaan bemoei dan word outomaties die geldkraan toegedraai en dit is wat die regering en ander geldwolwe in SA probeer te vermy.

KrokodilBotha ·

Die mense is honger, freebies is al wat hulle gaan wil he. Wag tot dit oorgaan na grond. Huise , karre en rykdom is belowe. ANC is in n hoek , diefstal, korrupsie, verloor stemme, daar is nie meer geld, vrot staats dienste. ANC koes vir hulle wickets. Grond gaan die laaste troefkaart wees om almal gelukkig te kan hou.

Kolle ·

Oorlog is op ons drumpels. Baie blankes gaan met die broek op die knieë gevang word weens zero voorbereiding. Almal vermy die onderwerp want mense se koppe wil nie die realiteit van burgeroorlog nie aanvaar nie.

Kallie ·

Jy’s reg kolla. Dit kom al ‘n lang pad en die momentum neem toe. My vrees is dat Afrikalande SA gaan binneval om hul burgers te beskerm. SA is reeds niemandsland, en die SANDF is nutteloos. Blankes is die sitting ducks, al dink baie middeljariges hulle kan die roer uithaal en veg.

daniel ·

Suid afrika se probleme neem by die dag toe.
Waarop ek kommentaar wil lewer is baie belangrik en raak n legio van mense, d.i naamlik die Telkom adsl landlyne hier terplaatse op die BLUFF IN KZN.
Tans is daar letterlik honderde huise sonder telefoondiens of internet vir meer as n week a.g.v kabel diefstal.
Gerugte doen nou die rondte dat Telkom nie die kabels gaan vervang nie, en die diens eers herstel sal word wanneer Optiese Vesel geinstalleer is, wat beteken dat daar geen diens gaan wees vir tenminste die volgende JAAR nie.
As so n besluit werklikheid is, sal dit n baie kortsigtige besluit wees wat nie deur die geaffekteerdes aanvaarbaar kan wees nie en Telkom se naam groot skade sal berokken.

Johan ·

Van sommige mense of wel groepe kry jy rerig die idee dat hulle net kan afbreek en nie tot iets opbouend in staat is. As jy dit oor vele jare te veel sien gebeur dan begin jy vermoed dit sit in die gene/DNA !

lewies ·

As ons wil verstaan: “In tye soos die, maar ook in gunstiger tye, gebeur alles soos wat dit moet gebeur. Die wat nie deelneem nie is maar getuies van die toneel, waarin hulle ‘n rol gespeel het”

Erika ·

Wie sit agter hierdie GHAOS in ons land????
As die aansteek van brande bedaar dan begin hulle die volgende…..

Erika ·

Ek wonder net hoekom net sekere buitelanders geteiken word?

Pottie ·

Stem saam met kolle ons moeikheid kom nog en gouer as wat ons dink maar ek praat mos snert

Essie ·

As die polisie met regte patrone skiet en daar bal n paar sal die ander agterkom gevaar dreig nou laat ons spaander

Keelvol ·

Kolle,ek s bevrees jy is reg. My 2e kleinkind is verlede week gebore. Fris seuntjie.
Die (ons mense) suster se vir my seun, afgelope ruk word net seuntjies in Mediclinic gebore- dat dit n teken is van naderende oorlog as daar skielik net seuntjies gebore word!
Het gegoogle– dis blykbaar waar–geskiedenis bevestig dit.

Deon ·

Die waar! Dis tans die tendens in die Arabiese lande, Pakistan en China. Die jongmans het nie meisies nie en wil net baklei. Gaan kyk ook na die seuns/dogters vehouding tydens die Boereoorlog, en lande wat deelgeneem het aan die WO1 en WO2, en Vietnam. In die VSA en Brittanje draai dit nou om. Daar is nie meer jong mans om te veg nie. Meisies is vollop. In SA en die hele Afrika is seuns weer in meerderheid. Ek mag verkeerd wees, maar dalk is dit ook een van redes vir die aanvalle op vroue. Oorloë en siektes is die natuur se manier om balansete herstel, hoe wreed ook al.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.