2 dood, nege beseer in taxi-skietery

‘n Foto van die toneel. Foto: ANA.

Twee taxibestuurders is doodgeskiet en nege ander mense beseer tydens ʼn skietery Donderdagoggend by ʼn taxistaanplek in Langa in Kaapstad.

Kapt. Andre Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het teen 08:13 by die Libalele-taxistaanplek plaasgevind.

“Tydens die voorval, wat ons vermoed verband hou met taxi-roetes, is nege mense, tussen 15 en 45 jaar oud, beseer en in die hospitaal opgeneem vir behandeling,” het Traut gesê.

Die verdagtes is voortvlugtig en die polisie het enigiemand met meer inligting gevra om 08600 10111 te skakel.

Traut het gesê ʼn provinsiale taxi-taakspan sal die ondersoek behartig.

Polisieteenwoordigheid is volgens hom ook versterk by taxistaanplekke in dié provinsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

christa ·

kan nie glo mense wil alles met geweld regmaak nie. Waars die dae wat jy op ‘n taxi kan klim en veilig anderkant afklim. Het die mense nie die reg om by enige plek op en af te laai nie. Of het elke taxi sy eie roete wat hy moet behartig

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.