Twee dood, talle beseer toe taxi in reservaat van berg afrol

‘n Foto van die toneel. Foto: Verskaf.

Twee mense is dood en ses ander beseer toe ʼn taxi van ʼn berg af gerol het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het Woensdagoggend op die R712 in die Golden Gate natuurreservaat plaasgevind, tussen QwaQwa en Clarens in die Vrystaat.

“Toe paramedici by die toneel opdaag saam met provinsiale nooddienste, het hulle die taxi op sy sy gevind ʼn hele ent af van die berg af. Die beseerdes is gestrooi rondom die voertuig aangetref,” het Meiring gesê.

Twee persone is op die toneel dood verklaar.

“Ses ander was matig tot ernstig beseer.”

Die beseerdes is op die toneel behandel en daarna na nabygeleë hospitale gehaas vir mediese behandeling.

Die omstandighede rondom die voorval is nog nie duidelik nie. Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Michael ·

Ek lees nou ! Die omstandighede rondom die ongeluk is nog nie bekend nie. Dit is maklik sooz taxi’s jaag kan ek verstaan hoekom daar die taxi daar le. Maar Sondag aand op Carte Blance toe se hulle dit is nie die taxi’s wat die gaos op ons paaie veroorsaak nie die Suid Afrikaners is die swakste bestuurders in die wereld..Verstaan jy Lee jy is so reg .

Andrea ·

Ekt geen simpatie met taxibestuurders nie, wel met hul passasiers. Hulle is deel van die misdaad, rampokkery en algehele miskenning van wet en orde. Dink daaraan…hoeveel mense ry daagliks met taxi’s? Hoeveel sien dus daagliks hoe die taxibestuurders hiermee wegkom? Dat wetteloosheid jou baat. Dat jy wegkom daarmee om wette te minag en ander mense se lewens op die spel te plaas. Ek glo hulle is aan die wortel van baie van alles wat verkeerd is in hierdie land.

Michael ·

VanAfrika ja ek hoor dit omtrent elke oggend, en saans huis toe ongelukkig is daar baie baie taxi’ op my roete.en Andrea jy is ook heeltemaal reg.

Kobie Jooste ·

Is die roete tussen QwaQwa en Clarensnie nie in ‘n Nasionale Park nie … Waar is die beheer? As hulle so jaag daar kan ek sekerlik ‘n Drone daar vlieg?

Joe Olivier ·

Die taxi bestuurder het seker die wonderlike natuurskoon bewonder en toe nie sy oë op die pad gehou nie.

Teksie ·

Ja, altyd haastig en daar word nooit gedink aan die gevolge. Skynbaar nie by magte om te kan uitwerk dat daar nie veel verskil in tyd is tussen roekeloos- en ordentlike bestuur. Daar sal by jou verbygegaan word om dan net voor jou ‘n afrit te gebruik of net doodeenvoudig stil te hou. Nee-wat daar is nie pille hiervoor.

Joos ·

Daar is minder as ‘n maand gelede ook iemand op selfde plek dood. Die spoed limit in daai Park is 50km/h maar met daai skerp draaie daar bo in die berg is dit steeds te veel. Daai Park is nie ‘n mens se maat nie.

TS ·

Spoed en roekelose bestuur is sekerlik die oorsaak. Dan nog onpadwaardige voertuie.
Spaar die ondersoek en begin met wetstoepasing.

Haas ·

Het vir 3 maande elke naweek daardie pad gery. Nou onlangs weer. Die spoed wat die outjies om daai draaie jaag maak hulle goeie kandidate vir Formule 1.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.